George Herald

Wyk 18 stem op 10 April

- Eugene Gunning

Inwoners van wyk 18 gaan in minder as 'n maand twee keer by die stembus 'n draai moet maak. Die munisipale tussenverk­iesing vind op 10 April plaas en minder as 'n maand later, op 8 Mei, vind die algemene verkiesing plaas.

Die wyk het vakant geraak na die onverwagse bedanking van die DAwyksraad­slid, Jannie van der Westhuizen.

Wyk 18 sluit in 'n deel van Denneoord, Twee Rivieren, Bo-dorp, GeorgeOos, Denverpark en Loeriepark. Dit is tradisione­el 'n DA-wyk.

Gert Niehaus, van der Westhuizen se voorganger vir die DA in die wyk, staan die keer daar vir die ACDP. Niehaus het verlede jaar die politiek vaarwel geroep, maar sy afwesighei­d was van korte duur en is hy die afgelope paar maande aktief in die ACDP. Johan du Toit, voorsitter van die ACDP in George, het amptelik bevestig dat Niehaus die party se kandidaat is.

Niehaus was voorheen vir ses jaar die wyksraadsl­id. "Ons glo hy sal wen. Hy staan op aandrang van inwoners en hy het voorheen 'n goeie verhouding gehad met die inwoners in die wyk." Of dit egter kiesers na die stembus sal lok, is 'n ope vraag. Kommer heers in George se politieke kringe dat die stempersen­tasie laag kan wees.

Du Toit sê die stempersen­tasie mag dalk laag wees, want dit is naby die algemene verkiesing.Darryl Sauer van die ANC het gesê die party het nog nie finaal besluit of hy aan die tussenverk­iesing gaan deelneem nie.

Bazil Petrus van SAC en GOOD het gesê die twee partye sal beslis nie deelneem nie. "Ons fokus is nou op die nasionale verkiesing." Adv. Gert van Niekerk van die VF Plus het gesê hy sal die party se vaandel dra. Die feit dat dit so naby aan die algemene verkiesing is, bemoeilik dit glad nie vir die party nie. "Trouens ons sien uit na die tussenverk­iesing." Die klem in 'n munisipale verkiesing is ook 'n bietjie anders. "'n Wyksraadsl­id moet omsien na die belange van die inwoners en nie net na die belange van 'n politieke party nie," het hy gesê. Jaco Londt, voorsitter van die DA se oosstreek, het gesê Donovan Gultig, sal die DA se vaandel dra. Gultig (39) is 'n stigtersli­d van die buurtwagte in Blanco, Heatherlan­ds en Glenbarry en is die voorsitter van 'n DA-tak.

"Ons vertrou ons sal die wyk behou." Volgens Londt sal hy eers kommentaar lewer oor die ander kandidate wanneer die OVK se kandidaatl­yste vir die tussenverk­iesing gesluit het.

*The by-election in ward 18 will be held on 10 April, less than a month before the general election on 8 May. Voters will therefore go to the polls twice in less than a month. The vacancy in ward 18 came about after the resignatio­n of Jannie van der Westhuizen of the DA.

 ??  ?? Jannie van der Westhuizen wat as raadslid vir wyk 18 bedank het.
Jannie van der Westhuizen wat as raadslid vir wyk 18 bedank het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa