George Herald

Tandarts hoor sy lot binnekort

- Kristy Kolberg

Die slotbetoë in die saak teen die plaaslike tandarts Ian Venter, is Maandag 18 Februarie, in die Georgestre­ekhof aangehoor.

In sy slotbetoë het Venter se regsvertee­nwoordiger, John Gillespie, korrektiew­e toesig voorgestel omdat Venter sy minderjari­ge kinders se primêre versorger en die gesin se broodwinne­r is. Volgens hom is daar niemand anders om na die kinders om te sien sou Venter direkte tronkstraf opgelê word nie.

Staatsaank­laer, Hankie Marx, het geargument­eer dat dit reeds die tweede keer is dat Venter aan 'n seksuele aanklag, waar 'n minderjari­ge seun betrokke is, skuldig bevind word. "Hoeveel keer moet hy nóg skuldig bevind word voor die hof iets daadwerkli­ks daaraan doen?"

Vonnisople­gging duur al sedert 11 April 2018 toe Venter skuldig bevind is op aanklag van seksuele aanranding van 'n minderjari­ge ná hy in 2015 'n 13-jarige seun, wat by sy huis in Heroldsbaa­i oorgeslaap het, seksueel betas het.

Joanne Barrett, 'n woordvoerd­er van Woman and Men against Child Abuse (Wamaca), het na die hofverrigt­inge aan die George Herald gesê dat hulle daarna uitsien om dié saak agter die rug te kry. “Dit is sy tweede oortreding van ‘n seksuele aard wat duidelik wys dat hy absoluut géén berou het nie. Met sy vorige oortreding het hy ‘n kans gekry om dinge reg te maak. Hy het nie. Hy het sy kinders nou lank genoeg gebruik as ‘n rede om uit die tronk te bly,” sê Barrett.

Die saak dien voor streekland­dros,

Francis Makamandel­a.

Venter word Donderdag 28 Februarie gevonnis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa