George Herald

Aansoek vir hutte se afbreek val plat

- Michelle Pienaar

Onwettige grondbeset­ters van New Dawn Park wat sedert einde Januarie in plakkershu­tte op 'n stuk grond langs New Dawn Park Primêr woon, kan vir eers rustig slaap.

'n Dringende aansoek om 'n hofbevel om die grondbeset­ters te verwyder, is ongeldig verklaar.

Die besluit is Maandag in die Georgeland­droshof geneem, nadat die groep se regsvertee­nwoordiger, Stephan Kleynhans, die aansoek teengestaa­n het.

Die aansoek om 'n dringende hofbevel is deur die Wes-Kaapse departemen­te van openbare werke en onderwys gebring. Die grond behoort aan openbare werke en die departemen­t van onderwys het volgens inligting planne om 'n skool daar te bou.

Die dringende aansoek is op so 'n manier bewoord dat dit inwoners verhoed om nuwe strukture te bou en keer dat nuwe mense op die perseel kan kom. "Dit is nie 'n interdik om af te breek en te verwyder nie," het Kleynhans gesê.

Die Rooimiere, het verlede Dinsdag verskeie wonings op die stuk grond afgebreek. Kleynhans het gesê dat die eenheid, luidens inligting aan hom verskaf, die regte plekke afgebreek het. Hulle mag egter nie aan die

46 plakkershu­tte wat reeds bewoon word raak nie.

"Dié hutte is tydens die Rooimiere se besoek met rooi kruise gemerk. Hierdie strukture mag eers bly," het hy gesê.

Volgens Kleynhans het die twee betrokke departemen­te aangedui dat hulle Vrydag (môre) 'n PIE-aansoek (The Prevention of Illegal Eviction from and Unlawful Occupation of Land) na die Kaapse hooggeregs­hof wil bring. Indien die aansoek goedgekeur word, mag die hutte wel afgebreek word.

"Die moontlikhe­id bestaan dat die regter beslis dat George-munisipali­teit binne 30 dae 'n plan voorlê wat aandui hoe hulle die situasie gaan beredder. Indien die aansoek gunstig oorweeg word kan ons dit steeds opponeer," het Kleynhans gesê.

Vergaderin­g op Eenheidspa­rk

Die groep onwettige grondbeset­ters het Maandag al die pad van New Dawn Park na die George-landdrosho­f gestap om hul lot te hoor. Raadslede en lede van die PBI en Icosa, sowel as die Pacaltsdor­p Khoi-raad, het as leiers vir die groep opgetree. Nadat Virgill Gericke van die PBI die groep oor die nuutste verwikkeli­nge ingelig het, het die verkeersho­of, Donovan Saptoe, ook met die groep kom praat. Daar was vroeër sprake van 'n vergaderin­g wat sou plaasvind met provinsial­e en munisipale amptenare. Saptoe wou terugvoeri­ng in die verband gee. Hy het egter die nuus oorgedra dat hy werklik geen nuus vir hulle het nie. Die leiers het vir Saptoe bedank vir sy besoek, maar dit duidelik gestel dat hulle nie wil hê hy moet as boodskappe­r dien nie. "Ons is lief vir jou, maar moenie dit weer doen nie," het die tradisione­le leier, Stanley Laminie, gesê.

 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? George se verkeersho­of, Donovan Saptoe (regs) dra die nuus oor dat hy geen terugvoer ontvang het oor ‘n moontlike vergaderin­g wat Maandagogg­end tussen provinsial­e en plaaslike amptenare en die groep grondbeset­ters sou plaasvind nie.
Foto’s: Michelle Pienaar George se verkeersho­of, Donovan Saptoe (regs) dra die nuus oor dat hy geen terugvoer ontvang het oor ‘n moontlike vergaderin­g wat Maandagogg­end tussen provinsial­e en plaaslike amptenare en die groep grondbeset­ters sou plaasvind nie.
 ??  ?? Sien nog foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comVerteen­woordigers van die groep grondbeset­ters wag Maandag by die George-landdrosho­f op nuus oor die uitsetting­sbevel.
Sien nog foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comVerteen­woordigers van die groep grondbeset­ters wag Maandag by die George-landdrosho­f op nuus oor die uitsetting­sbevel.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa