George Herald

Naik gee koue feite oor huise

- Salette Cloete

Sowat 100 mense van Syferfonte­in en Rosedale het Vrydag by die Georgemuni­sipaliteit se kantore opgeruk op soek na antwoorde oor huise en dienslewer­ing. Maar na ure se gewag is hulle vertel dat hulle by die verkeerde mense antwoorde soek.

Burgemeest­er Melvin Naik, wat eers 14:00 daar opgedaag het, het baie gou ‘n slegte smaak in hul monde gelaat. Hy het hulle in soveel woorde laat verstaan dat nie hy óf die munisipali­teit die antwoorde het wat hulle soek nie.

Naik het gesê die mense “is by die verkeerde adres wat behuising betref ”.

Volgens hom moet hulle met die departemen­t van behuising gesels. Hy het die mense laat verstaan dat die munisipali­teit slegs die middelman is en net seker moet maak dat die projekte voltooi word.

Komiteeled­e van Syferfonte­in en Rosedale was baie kwaad en sê hulle was glo nie deel van die publieke deelname in 2013 nie. Melvin Roelfse, ‘n Rosedaleko­miteelid, het gesê die huise gaan in elk geval gebou word, so hulle wil ten minste deel wees van die proses oor wie watter huise kry.

Roelfse sê dit het te doen met mense met gestremdhe­de wat nie trappies kan klim nie.

Matthew Mazeleni van die Syferfonte­in-komitee sê hulle is “eenvoudig net op die ou tiep gaan los waar mense daagliks siek raak van al die gemors in die grond”.

Mazeleni sê hulle word op ‘n vullishoop gelos en diere op die gesonde stuk grond net oorkant.

“Is diere dan belangrike­r as ons mense? Ons kinders raak siek en mense sterf van al die siektes wat hulle daar optel. En ek praat nie eens van die puttoilets­telsel wat een keer ‘n week skoongemaa­k word en deur hoeveel huisgesinn­e gebruik word nie.”

Elk van die gemeenskap­sleiers kon Vrydag hul misnoeë uitspreek. En vir elk het Naik gesê hy kan hulle slegs feite gee, maar dit is dalk nie wat hulle wil hoor nie.

Hier het hy die mense wysgemaak oor wie verantwoor­delik is vir wat, en aan wie se deur hulle moet gaan klop vir antwoorde.

Die mense, wat toe al van 09:00 in die son vir Naik moes wag, was glad nie gelukkig nie. Van hulle het selfs ‘n paar dreigement­e gemaak en hom uitgejou.

Hy het gesê hy sal hulle help om ‘n vergaderin­g met die provinsial­e minister van behuising, Bonginkosi Madikizela, te reël sodat die mense antwoorde kan kry.

Op verdere navrae van die

George Herald sê Naik hy het ‘n versoek na die provinsial­e minister van behuising gestuur vir ‘n vergaderin­g met die groep. Hy sê hulle wag egter vir terugvoeri­ng oor ‘n datum.

“Ek het nie ‘n afspraak met die groep gehad nie en was in ‘n vergaderin­g by die Georgelugh­awe,” sê Naik oor hoekom hy die mense so lank laat wag het.

Verder sê Naik hy het voorheen in kommunikas­ie met die groep van New Dawn Park dit duidelik gemaak dat die grond aan openbare werke behoort en dat die munisipali­teit slegs as ‘n agent vir die voorsienin­g van

Ons kinders raak siek en mense sterf van al die siektes wat hulle daar optel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa