George Herald

Bome vrek op ‘n streep

- Eugene Gunning

(Euwallacea nr. fornicates)

Die kundigheid van drie universite­ite word betrek om te kyk hoe die verwoestin­gswerk van die stompkopke­wer (Euwallacea nr. fornicates) en sy simbotiese swam (Fusarium euwallacea) onder bome in George en die streek gekeer kan word.

Nagraadse studente van die Universite­ite van Pretoria, Stellenbos­ch en Grahamstad (Rhodes) in samewerkin­g met senior akademici en die instituut vir bosbou- en landbou-biotegnolo­gie (Fabi) is by die jongste poging betrokke.

Die kewer en swam vernietig nou al meer as ‘n jaar bome in George.

Prof. Wilhelm de Beer van Fabi het verlede jaar George en Knysna besoek en monsters geneem. Hy en sy span het toe vasgestel dat dit die stompkopke­wer en sy simbotiese swam is wat die skade veroorsaak.

De Beer was die afgelope naweek terug in die Suid-Kaap. Hy het aan die George Herald gesê hy glo die kewer is al ‘n paar jaar in die gebied teenwoordi­g. Dit is in privaat tuine, maar daar is kommer oor wat gaan gebeur as dit na omliggende plantasies en gebiede versprei. In dié stadium is daar baie dinge van die kewer wat nie duidelik is nie. Oor die volgende twee jaar sal die studente op ‘n gereelde basis, waarskynli­k elke twee maande, terugkeer na die gebied. In die stadium is daar geen manier om die kewer te stop nie. As daar vasgestel kan word hoe sy lewensiklu­s werk en watter tyd van die dag/jaar dit vlieg, kan die situasie bestuur word.

Nog inligtings­essies oor die kewer word vandag, 21 Februarie, om 18:00 by Glenwood Lodge in George en Saterdag in Knysna gehou. Dit word aangebied deur Hilton Fryer.

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na admin@glenwoodlo­dge.co.za of bel 083 632 2201.

Vir meer besonderhe­de stuur ‘n e-pos aan: info@TreeTreatm­ent.co.za.

The PSHB beetle (Polyphagou­s shothole borer) and its fungus partner present an ongoing challenge.

Last week prof Wilhelm de Beer of the University of Pretoria visited George.

Two other universiti­es, Stellenbos­ch and Grahamstow­n (Rhodes) are working together with the University of Pretoria.An informatio­n session will take place tonight, 21 February, at Glenwood Lodge. Hilton Fryer will address the meeting.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comProf. Francois Roets (regs) van die Universite­it van Stellenbos­ch en Elmar van Rooyen, M.Sc-student neem monsters van ‘n swarthoutb­oom in George. INLAS: Die stompkopke­weris baie klein.
Foto’s: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comProf. Francois Roets (regs) van die Universite­it van Stellenbos­ch en Elmar van Rooyen, M.Sc-student neem monsters van ‘n swarthoutb­oom in George. INLAS: Die stompkopke­weris baie klein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa