George Herald

Oupa Jannie erg opgewonde

- Eugene Gunning

Oupa Jannie. Dis nog iets waaraan hy gewoond moet raak, maar hy is baie opgewonde daaroor. So vertel Jannie Stander, pa van die Suid-Afrikaans gebore rugbyspele­r, CJ Stander.

Stander, wat deesdae vir Ierland uitdraf, en sy vrou Jean-Marié Neethling, verwag hul eersteling. Jannie en sy vrou, Amanda, boer op 'n plaas net buite George waar CJ grootgewor­d het.

Jannie het aan die George Herald gesê dit is die eerste keer dat hy en Amanda oupa en ouma word. Dit is ook vir die Neethlings, wat in Bloemfonte­in woon, 'n eerste kleinkind.

"Dis 'n dogtertjie, maar hulle het nog nie 'n naam nie. Na verwagting sal die kleintjie teen middel Augustus gebore word."

As CJ die Iere se rugbyspan haal vir die Wêreldbeke­rtoernooi, sal hy ongelukkig nie dan tuis wees nie. Hy sal reeds in Japan wees ter voorbereid­ing van die toernooi.

Volgens Jannie is hy baie bly oor die vooruitsig om oupa te word.

"Ek was skoon hartseer toe ek die nuus gehoor het. Ouma Amanda het die afgelope naweek in Bloemfonte­in 'n ooievaarst­ee bygewoon. Sy is nou op pad terug en ook baie opgewonde. Sy het al klere vir die kleintjie gekoop en nou sit ek met 'n klerereken­ing," het Jannie gespot. Beide Amanda en CJ se skoonma, San-Marié sal by Jean-Marié met die bevalling in Ierland wees.

Die plan is dat CJ, Jean-Marié en die nuwe kleinding saam met die Standers in Desember vakansie kom hou by Hartenbos. Dit sal die eerste keer in jare wees dat CJ in Desember in die Suid-Kaap sal wees.

Op die oomblik is CJ beseer, maar hy behoort oor 'n paar weke weer gereed te wees om te kan speel.

 ??  ??
 ?? Foto: Eugene Gunning ?? CJ Stander tydens ‘n besoek verlede jaar aan George saam met sy pa, Jannie.
Foto: Eugene Gunning CJ Stander tydens ‘n besoek verlede jaar aan George saam met sy pa, Jannie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa