George Herald

Ukuwela help leerders

- Salette Cloete

Die Ukuwela-program van Carpe Diem verrig wondere en verander baie lewens. Suzanne Stark, 'n arbeidster­apeut by die skool, wie se idee dit was om leerders te help werk kry, het sover 'n groot verskil gemaak. Die program bied 'n geleenthei­d aan leerders met gestremdhe­de om 'n werk te kry, te behou en waar hy of sy 'n inkomste kan verdien. Stark sê in sommige gevalle is daardie leerder die enigste broodwinne­r in die huis. "Die program help ook dat daardie leerder na skool nie net by die huis gaan sit en niks doen nie."

Stark werk saam met nog 'n arbeidster­apeut,

Lee-Ann

Arendse, en twee beroepsvoo­rligters wat help om die leerders voor te berei vir die werksplek. "Ons vat hulle deur die onderhouds­proses, gesels oor wat verwag kan word en hoe om sekere situasies te hanteer," sê Arendse.

Die werk was ook 'n droom wat waar geword het vir haar. Sy vertel deel van die program is dat hulle saam met daardie leerders in die werksplek moet wees. "Hier maak ons seker of hulle die werk kan doen, hoe hulle kommunikee­r, hoe hulle sekere situasies hanteer en ook om oor vordering met werkgewers te gesels. Dan onttrek ons geleidelik," sê Stark. Sy sê hulle praat met die leerders oor hul belangstel­ling, in watter werksomgew­ing hulle hulself sien en wat hulle graag wil verdien.

Deel van die program is om op vrywillige basis te werk terwyl die kind nog op skool is voor fase twee waar hulle in die werksplek geplaas word. Stark sê Ukuwela is 'n Xhosa woord wat beteken "to cross over". So hulle is daar vir die oorgangsfa­se van skool na werksplek.

Daar is Dinsdagogg­end 'n ontbyt by die Protea Hotel King George gehou om alle leerders wat reeds werk, 'n geleenthei­d te bied om met mekaar te gesels. Twee van die leerders het ook 'n 'Vasbyt-toekenning' gekry vir hul jaar lange plasing in die werksplek. Bradley Roelfse (19) sê hy kan nou swembadden­s skoonmaak en weet hoe om die water te toets. Hy kan ook algemene takies as nutsman verrig. "Ek sal graag eendag vir myself wil werk," sê hy. Fransiena Fouchè (19) sê sy sal graag met kinders wil werk, maar is bly oor die werksonder­vinding wat sy in die wassery kry waar sy nou werk.

 ??  ??
 ??  ?? Die 11 leerders het almal werk gekry deur die Ukuwela-projek. Agt van hulle is steeds deel van die werksmark. Saam met hulle is die arbeidster­apeute en beroepsvoo­rligters.
Die 11 leerders het almal werk gekry deur die Ukuwela-projek. Agt van hulle is steeds deel van die werksmark. Saam met hulle is die arbeidster­apeute en beroepsvoo­rligters.
 ??  ?? Bradley Roelfse en Fransiena Fouchè het Vasbyt-toekenings gekry vir die jaar wat hulle reeds werksaam is.
Bradley Roelfse en Fransiena Fouchè het Vasbyt-toekenings gekry vir die jaar wat hulle reeds werksaam is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa