George Herald

St. Mary’s vier vanjaar 90 jaar

-

Om 90 jaar oud te wees is beslis ‘n mylpaal wat nagestreef moet word. Ons verwys hier na ‘n skooltjie wat in 1929 met een onderwyser en ongeveer 30 leerders begin het en vandag, 90 jaar later, met ’n opvoederta­l van 29 en ‘n leerdertal van nagenoeg 860 leerders, steeds groei.

St. Mary’s Rooms Katolieke Skool in Beerstraat, Rosemoor, is ongetwyfel­d oor dekades heen een van die bekendste skole in George-omgewing. Met sy nederige begin in 1929, waar die eerste groepie leerders van destyds op tamatiekis­sies gesit het, is dit uit dieselfde skoolgebou waar vandag se groot sportsterr­e, besigheids­persoonlik­hede, profession­ele individue en entreprene­urs deur hul toegewyde opvoeders, hul inspirasie gekry het om hul rol in die land te speel.

Die kerk het ‘n formidabel­e rol gespeel in die stigting en totstandko­ming van baie opvoedkund­ige instansies, so het die Rooms Katolieke Kerk ook ’n rol gespeel in die totstandko­ming van hierdie besondere skool. Tot vandag, is die kerk steeds die hoeksteen waarop opvoeding in die breë, geskoei is by hierdie besondere skool en die gemeenskap waar die skool se voedersbro­n uitgebrei het vanaf Rosemoor na Borcherds, Conville, Proteapark, Thembaleth­u, Pacaltsdor­p en selfs Denneoord.

In die George, Mosselbaai en Oudtshoorn-omgewing is St. Mary’s

(R.K.) Primêr een van vyf katolieke skole, wat ‘n goeie aanduiding is van watter inslag die kerk gehad het, en steeds het in die opvoeding van ons jeug.

Om 90 jaar oud te wees, moet behoorlik gevier word en elke leerder, opvoeder, skoolhoof, selfs predikant, ouer en ondersteun­er wat sedert 1929 met hierdie skool geassosiee­r word, word genooi om deel te word van hierdie jaar se feesverrig­tinge. Met die skool se leuse “FIDELITAS” (Getrouheid), word dit op die voorsate van die skool se harte gelê om die skool getrou te ondersteun en wil die skool ook langs hierdie weg alle trotse ouers bedank vir hul getroue ondersteun­ing deur die jare.

Dit is ook heel toevallig dat sedert 1 Januarie 2019, die skool se eie oudleerder, Laurentius Muller, die 6de trotse hoof van hierdie skool, geword het. Hy nooi een en elke ondersteun­er van St Mary’s (R.K.) Primêr om betrokke te raak by ‘n skool wat diep spore in die gemeenskap, die distrik en die land getrap het en om deel uit te maak van die feesvierin­g hierdie jaar. Met die groei van die skool, is daar vele uitdagings waarmee hy as nuutaanges­telde hoof, die skool na die volgende vlak moet neem.

Aan die onderwysfr­ont sal die volgende vyf jaar groot uitdagings aangepak word onder andere eise van die tegnologie in die onderwys, nastreef van ‘n verbeterde slaagperse­ntasie, die verstewigi­ng van ‘n waardestel­sel by leerders, aanbring van meer lokale vir onderrig.

Die sport- en kulturele vleuel van opvoeding, bring ook sy eie uitdagings en is een van die kenmerke wat hierdie skool waarop almal in George, trots is, en sal verder voortgebou word.

Feesvierin­g vir die 90-jarige bestaan van die skool, begin op 1 Maart met ‘n dans wat sal plaasvind in die Georgegeme­enskapsent­rum in Yorkstraat. Elke kwartaal sal daar ‘n aktiwiteit plaasvind wat gepaard gaan met die 90 jarige viering.

Vir verdere inligting kan die skool by

044 8758 450 gekontak word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa