George Herald

Blinde skrywer Gerhard Ferreira (70), stel boek bekend by biblioteek

-

George-biblioteek het Donderdag 'n blinde skrywer, Gerhard Ferreira (70), die geleenthei­d gegee om sy boek, Ons moet spoeg om te sien hoekom ons nie kan sien nie, aan genooide gaste bekend te stel. In die gees van Valentynsd­ag was die tema, A blind date with a book, vertel Debra Sauer, 'n woordvoerd­er van die munisipali­teit. "Dit was nie die amptelike bekendstel­ling nie, maar slegs 'n voorlesing van sekere gedeeltes van die boek in die voorportaa­l van die George-biblioteek."

Sy vertel Ferreira, ‘n blinde afgetrede bestuurder van opleiding en afrigting in die Sakebankaf­deling het as seun stadig blind geword. "Die boek bevat van sy mees gewildste stories en het pas by Naledi verskyn." Die stories handel oor die wel en weë in die lewe van 'n blinde persoon in 'n sienende wêreld, met die klem op die humoristie­se en komiese situasies waarin 'n blinde persoon hom/haarself dikwels kan bevind. Hy het sedert 1985 gereeld as gasspreker opgetree by baie groot maatskappy­e se funksies. Hy het reeds twee keer by die MultiRand Forum, 'n prestige geleenthei­d in die versekerin­gsbedryf, en by die SA Sakevrou van die jaar opgetree.

Behalwe 'n suksesvoll­e loopbaan in kleinhande­l, mannekragb­estuur, rekenaarpr­ogrammerin­g en kliëntedie­ns het Ferreira baie vermag in sy persoonlik­e lewe. "Die feit dat hy nie kan sien nie het hom nie teruggehou nie en hy meen sy humoristie­se uitkyk op die lewe help hom baie. In sy lewe het hy reeds die Comrades-, New York City- en vele ander maratons voltooi. Hy het Kilimanjar­o uitgeklim asook tot by die Mount Ama Dablam-basiskamp in die Himalajas."

Sy vrou, Ina, en twee kinders asook vir kleinkinde­rs motiveer hom om 'n normale en gelukkige lewe te lei. Ferreira se redes vir die boek is, “Ek hou daarvan om mense te laat lag en my kinders het gesê ek moet my stories neerskryf sodat dit behoue kan bly.”

 ??  ?? Hier teken Gerhard Ferreira een van sy boeke wat hy aan die George-biblioteek geskenk het. By hom staan van links: Rachel Williams (bestuurder: George-biblioteke), Ina Ferreira (sy vrou) en Malibongwe Luyenge (senior biblioteka­ris by George-biblioteek).
Hier teken Gerhard Ferreira een van sy boeke wat hy aan die George-biblioteek geskenk het. By hom staan van links: Rachel Williams (bestuurder: George-biblioteke), Ina Ferreira (sy vrou) en Malibongwe Luyenge (senior biblioteka­ris by George-biblioteek).
 ??  ?? Die groentetui­n van die Olympia Vaardighei­dskool wat ‘n prys vir beste groottuin in ‘n droë streek gewen het. Van links is Lorenzo Erasmus, Ettienne Paulus, Brayton Ktsebe, Luvuyo Naglo, Curtley Joubert, onderwyser Tienie Bekker en Jacobus Booysen en Bern Stoffels wat na die tuine omsien.
Die groentetui­n van die Olympia Vaardighei­dskool wat ‘n prys vir beste groottuin in ‘n droë streek gewen het. Van links is Lorenzo Erasmus, Ettienne Paulus, Brayton Ktsebe, Luvuyo Naglo, Curtley Joubert, onderwyser Tienie Bekker en Jacobus Booysen en Bern Stoffels wat na die tuine omsien.
 ??  ?? St Mary’s Primêr is vanjaar 90 jaar oud.
St Mary’s Primêr is vanjaar 90 jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa