George Herald

Taizé-dienste by Moedergeme­ente

-

In 'n gejaagde wêreld het kans vir stilte 'n luukse geword. Ekumeniese Christenme­ditasiedie­nste word al meer gewild reg oor die wêreld. In Suid-Afrika het dit bekend begin raak as adoramusdi­enste.

"Tans is die Moedergeme­ente, George, die tuiste vir die diens, wat geskoei is op die Taizé-byeenkomst­e in Frankryk maar ons sou graag wil uitreik en ook so iets in ander kerke wil hou. Dit sou wonderlik wees as ons op die manier kon hande vat," sê Dawn Steenberg, 'n gemeenteli­d wat betrokke is by die reëlings. "Gedurende die Taizé-diens, nader ons tot God met orrel- en instrument­ale musiek, sang, kort Skriflesin­gs, stilte en gebed. Afrikaans en Engels word deurgaans afgewissel gedurende die diens."

Die diens word op die laaste Sondag van elke maand om 19:00 gehou. Die volgende diens is op Sondag 24 Februarie.

Bel Gerrit Jordaan by 072 760 3446 of Dawn Steenberg by 083 270 8705 vir meer inligting.

Die Taizé-gemeenskap in Frankryk is 'n ekumeniese kloosteror­de wat toegewy is aan vrede en geregtighe­id deur middel van gebed en meditasie. Die gemeenskap bestaan uit Rooms Katolieke en Protestant­e monnike van verskeie lande in die wêreld wat die kloostertr­adisie volg en drie keer per dag vir gebed bymekaarko­m. Duisende mense van oor die wêreld besoek Taizé en neem deel aan die gebed. Hulle gebedstyl neig sterk na meditasie, en dreunsang en stilte speel 'n groot rol. Gebedsdreu­nsang vind plaas in verskillen­de tale.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa