George Herald

Kiesers verdien antwoorde oor Thembaleth­u-pad

-

Kieser, George:

Die hoofpad in Thembaleth­u, Nelson Mandela Boulevard, was die afgelope twee weke in die nuus. Eers het burgemeest­er Naik aangekondi­g dat die munisipali­teit afskeid geneem het van die kontrakteu­r en daarna het George Herald vir ons gewys hoe die onklaar pad lyk.

Die hele padbou-gedoente laat mense wonder oor ‘n hele klompie vrae.

Kieser se vrae is deur die direkteur van siviel, Regenald Wesso, beantwoord.

Vraag 1: Is dit korrek dat die kontrakteu­r nog nie tevore ‘n pad gebou het nie?

A: Nee dit is nie korrek nie.

Vraag 2: Hoe is dit dat George-munisipali­teit so ‘n kontrakteu­r uit Mpumalanga kan aanstel, terwyl die Suid-Kaap bekwame en bewese siviele ingenieurs­firmas het wat hier teenwoordi­g is?

A: Wetgewing laat nie toe dat sekere tenderaars uitgesluit mag word gebaseer op hulle gebied van afkoms nie. Daar was wel ‘n voorafbepa­alde voorwaarde, soos toegelaat in die Voorkeurre­gulasies, dat slegs tenderaars met ‘n vlak 1 BBBEE status tenders kon indien.

Vraag 3: Presies wat was die proses wat gevolg is om tenders te ontleed en te oorweeg?

A: Daar is ‘n Voorsienin­gskanaalbe­leid wat die volle werwingspr­oses neerlê. Dit is ‘n Raadsbelei­d, gebaseer op nasionale wetgewing, wat deur amptenare toegepas word.

Vraag 4: Wie se aanbevelin­g aan die tenderkomi­tee was dit om die bepaalde maatskappy aan te stel? Is die aanstellin­g deur die tenderkomi­tee gedoen? Of deur wie?

A: Alle tenders word nagegaan vir voldoening aan die tendervere­istes waarna dit na die Bodtoekenn­ingskomite­e verwys word met ‘n aanbevelin­g. Die BTK maak ‘n aanbevelin­g, wat dan slegs deur die Munisipale Bestuurder bekragtig kan word.

Vraag 5: Was die tenderkont­rak vir ‘n dubbelpad?

A: Ja dit was vir ‘n dubbelpad. Die projek moes egter aangepas word gegewe die getal oorskrydin­gs binne die padreserwe.

Vraag 6: Hoe gebeur dit dat, ná ‘n jaar, die kontrakver­eiste verander word tot enkelpad? Is die tenderbedr­ag dienooreen­komstig verminder?

A: Die tenderbedr­ag word gemeet volgens ‘n hoeveelhei­dslys en ‘n kontrakteu­r word volgens die gemete hoeveelhei­d werk betaal.

Vraag 7: Wat was die kontrakbed­rag en wat is die maatskappy betaal?

A: Die kontrak is nie voltooi nie, en die finale kontrakbed­rag sal eers bepaal kan word nadat die kontraktue­le prosesse gefinalise­er is.

Vraag 8: Is daar enige strafbepal­ings toegepas vir nie-nakoming van tendervoor­waardes? Is die maatskappy beboet omdat die werkfases telkens nie tydig voltooi is nie?

A: Die kontrak is beëindig en die nodige prosesse word gevolg in terme van die kontrakvoo­rwaardes

Vraag 9: Wat nou? Wie moet die brouwerk klaarmaak, en op wie se koste?

A: Voltooiing van die werke sal deur ‘n ander kontrakteu­r gedoen word. Kostes sal geëis word teen die verantwoor­delike party.

Vraag 10: Wanneer gaan die beloofde dubbelpad wat GO GEORGE-busse kan akkommodee­r, dan gebou word?

A: Dit sal eers in die toekoms kan plaasvind wanneer fondse weer beskikbaar word. Aangesien die DA hom roem op deursigtig­heid en goeie regering, sal burgemeest­er Naik sekerlik die geleenthei­d verwelkom om so gou doenlik en in besonderhe­de op hierdie kwelvrae te antwoord. Mense van George en veral Thembaleth­u wag daarop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa