George Herald

Gee my krag - nie dat dit sal help nie

-

Ampie, George:

En daar trap nog iemand in die gat van korrupsie soos dit deesdae maar gaan. Dat hy elke dag sy gesig in die raad en in sy buurt kan wys sonder skaamte is ‘n klad op sy naam….nie dat hy enigsins ‘n naam het indien die storie van ‘n uitstaande bedrag van R38 000 die waarheid is nie. Maar as ek so lees van hoe die stilte neerdaal oor die munisipali­teit, Gerrit Pretorius en hyself, klink dit vir my na die waarheid. En dan wil hy hê die DA moet hom beskerm….asof daar nie ook genoeg skelms in die party is nie. (Om van die klomp wat blykbaar in die munisipali­teit self werk nie te praat nie). En as Jantjies nou nie “out of order” was nie, het ons ook nie eers geweet van die stelery van die elektrisit­eit, maar natuurlik sal die bedrag nou afgeskryf word of hy sal as raadslid bedank. Asof dit nou ook gaan help.

Dan dra hy ‘n van soos “Noble”….slaan bietjie na in die woordeboek wat dit in Afrikaans beteken.

Wonder wat die munisipali­teit sal doen as ek hulle soveel sou skuld?

Raadslid Cecil Noble:

Ek wil baie graag kommentaar lewer, protokol vereis dit, ek kan wel noem dat ek bewus is dat die opposisie misbruik word deur politieke opportunis­te. Terloops, die waarheid sal seëvier, Hartlike dank.

Trevor Botha, municipal manager:

An investigat­ion is underway by an independen­t law firm and once completed the findings will be presented to the speaker of Council.

 ??  ?? DA-raadslid Cecil Noble
DA-raadslid Cecil Noble

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa