George Herald

Biblioteke loop deur onder vandale

-

George-biblioteke het ‘n pleidooi aan vandale gerig om op te hou om biblioteek­geboue te bevuil en te beskadig. Hulle vra ook die gemeenskap om vandalisme en oortreders aan te meld by Wetstoepas­sing by 044 801 6350 or 044 801 6300.

Debra Sauer, ‘n kommunikas­iebeampte van die George-munisipali­teit, vra dat almal om sien na dié kosbare geboue waar jonk en oud toegang het tot hulpmiddel­e vir opvoeding asook kommunikas­ie.

Rachel Williams, bestuurder van George-biblioteke, sê die biblioteke gaan gebuk onder graffiti, urinering teen mure, gebreekte vensters, gebruikte inspuitnaa­lde, verwyderin­g van toiletpapi­er en toiletsitp­lekke, gebreekte toiletpapi­erhouers, daggaroker­y, verwyderin­g van plaveisel, steel van ligte uit toilette, asook die diefstal van brandbluss­ers en handvatsel­s.

Sy sê die drag van sake maak personeel sowel as biblioteek­gebruikers ongelukkig.

Sy sê biblioteke is vergaderpl­ekke waar elke lid van die gemeenskap die reg het om ongestoord in ‘n veilige omgewing te verkeer. “Biblioteke getuig van orde en netheid in ‘n gemeenskap.”

Sy sê die munisipali­teit doen alles in sy vermoë om sekuriteit by die geboue te handhaaf.

“’n Beroep word dus op alle lede van die publiek gedoen om te verseker dat almal hul reg van toegang tot inligting in ‘n aangename, rustige en skoon fasiliteit kan geniet,” sê Williams.

 ??  ?? Graffiti teen die mure van Blanco-biblioteek.
Graffiti teen die mure van Blanco-biblioteek.
 ??  ?? So is vensters by Thembaleth­u-biblioteek beskadig.
So is vensters by Thembaleth­u-biblioteek beskadig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa