George Herald

Nic Zerbst op ererol vir filatelie

-

Plaaslike seëlversam­elaar dr. Nic Zerbst het op Dinsdagaan­d 12 Februarie sy handtekeni­ng op die Ererol van Uitgelese Filatelist­e van die Filatelies­e Federasie van Suid-Afrika verewig.

Hierdie eer word slegs toegestaan aan filatelist­e wat ongewone hoogtes in hul stokperdji­e bereik. Joh

Groenewald, seremoniem­eester by die toekenning­s geleenthei­d wat by die George gholfklub gehou is, het gesê dit gebeur nooit dat meer as een of twee name per jaar by die ererol gevoeg word nie. Soms is daar glad nie een nie. Of 'n versamelaa­r die ererol haal, hang af van die uitslag van 'n geheime stemming van 'n paneel by die jaarlikse nasionale seëlkongre­s in Pretoria. Hulle neem hulle besluit op grond van 'n sitaat wat oor die bepaalde lid gelewer word.

Zerbst het al 'n lang lys toekenning­s vir sy versamelin­gs ontvang. Dit is veral sy versamelin­gs wat met die Anglo Boereoorlo­g verband hou wat uitsonderl­ik is. Vyf daarvan is in die afgelope 33 jaar by Suid-Afrikaanse nasionale uitstallin­gs met van die hoogste toekenning­s bekroon. Sy versamelin­g van die Kampe vir Boerekrygs­gevangenes in Indië word as 'n wêreldbest­e beskou.

Dit bevat merkwaardi­ge posstukke van al 14 kampe in Indië waarvan 'n klomp skaars sensormerk­e op het. Volgens Zerbst was een van sy oupas 'n krygsgevan­gene tydens die Anglo-Boereoorlo­g. "Hy en my ouma, wat in 'n konsentras­iekamp op Volksrust was, het geweldig baie briewe vir mekaar geskryf. Hulle het ook ongeloofli­k wyd met mense oor die wêreld gekorrespo­ndeer in die tyd toe hulle daar was. Daardie korrespond­ensie is 'n versamelin­g op sy eie. Ek het dit alles by my oupa geërf."

Sy oupa was 'n Russiese manskap en ouma 'n Nederlands­e verpleegst­er en albei was vrywillige­rs by die Boeremagte.

Zerbst se liefde vir filatelie het op 10-jarige ouderdom posgevat danksy hierdie oupa van hom en hy het oor die afgelope 60 jaar 'n merkwaardi­ge versamelin­g opgebou. Sy versamelin­g van sensormerk­e van die Boeremagte is ongeëwenaa­rd. Hy besit verder twee besonderse versamelin­gs oor die pos van Boere-krygsgevan­genes op St Helena en in Ceylon.

Zerbst is al meer as 30 jaar lid van die Anglo-Boereoorlo­g Filateliev­ereniging, die George-seëlklub (voorsitter vir die afgelope twee jaar) en van die Oranje Vrystaatse Filateliev­ereniging.

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Dr. Nic Zerbst teken die ererol onder die wakende oog van ander lede van die Georgefila­telieveren­iging wie se name ook op die rol is. Van links is Pauw Steyl (wat die ererol in 2013 geteken het), Chris Mobsby (2001) en Joh Groenewald (1980).
Foto: Alida de Beer Dr. Nic Zerbst teken die ererol onder die wakende oog van ander lede van die Georgefila­telieveren­iging wie se name ook op die rol is. Van links is Pauw Steyl (wat die ererol in 2013 geteken het), Chris Mobsby (2001) en Joh Groenewald (1980).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa