George Herald

Eienaar ‘kan niks doen’ om te beveilig

- Salette Cloete Lees meer oor die eenheid se werk, probleemar­eas en meer by www.georgehera­ld.com.

Toekomstig­e planne van die Georgemuni­sipaliteit weerhou blykbaar die eienaar van die Prince Vincent Square in CJ Langenhove­nstraat, om enige veranderin­gs te maak.

Die eienaar Garth Varty, sê hy moes destyds 'n verkeerstu­die doen om te bepaal hoe die verkeersvl­oei dalk in die toekoms gaan wees. "Ek het uitgevind dat die stoepe van my gebou deel van die sypaadjie is en dus oopgelos of onverander­d gelaat moet word vir moontlike toekomstig­e opgraderin­g van die pad."

Hy sê hy is ingelig dat die paadjie dalk deel van 'n derde baan kan word.

George Herald het voorheen berig oor haweloses wat die stoepe van die gebou as slaapplek en toilet gebruik. In die eerste berig het die munisipali­teit in hul kommentaar gesê: "Die eienaar is verantwoor­delik vir die veiligheid van sy eiendom."

Maar Varty meen hoewel hy die gebou besit, dit steeds op munisipale grond is en dit beteken hy kan niks doen nie.

Die munisipale bustuurder, Trevor

Botha het voorheen gesê: "Eienaars is verantwoor­delik vir veiligheid in en rondom hul geboue en kan dit doen deur 'n sekerheids­wag daar te sit of deur veiligheid­shekke."

Varty sê hy het wel 'n sekerheids­wag aan die binnekant van die eiendom asook veiligheid­smaatreëls wat sy eiendom veilig hou.

"Ek het sover ek toegelaat is, dinge gedoen om die sypaadjie of stoepe skoon te hou. Ek het selfs 'n sprinkelst­elsel laat insit sodat die huurders die stoepe daarmee kan afspoel.” Hy sê dit is verskrikli­k hoe dit daar lyk met al die reuke en vlekke op die sement wat deur die urinering gelaat is.

Hy het ook aan George Herald vertel dat tydens 'n ontmoeting met Botha sowat 'n jaar gelede, is al die probleme bespreek en was wetstoepas­sing ook daar.

Die huurders sê hulle is moeg daarvan om soggens eers skoon te maak voor hulle by hul deure kan instap. In die vorige berig kla die huurders oor rommel, ou klere en menslike afval wat op hul stoepe gelos word. Een huurder sê dit help nie jy bel munisipale wetstoepas­sers nie, dan word jy na die polisie verwys.

Kapt. Malcolm Pojie, die SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, was self by die huurders en het aan hulle verduideli­k dat dit wetstoepas­sing se plig is om op te tree op munisipale grond en die polisie sal hulle ondersteun as dit gewelddadi­g raak of iemand voel sy lewe is in gevaar.

Botha sê in 'n nuwe persverkla­ring dat die antigrondb­esettingse­enheid met die eienaar kontak sal maak. Hy voeg by dat die gebou en area ter sprake tegnies gesproke eintlik privaat eiendom is. "Wanneer 'n gebou se dak oorhang dan behoort daardie gedeelte steeds aan die eienaar. Maar die munisipali­teit erken dat die stoep ook dien as 'n sypaadjie."

Botha sê hy hoop daar kan 'n oplossing gevind word. Hy sê waar munisipale wette oortree word, moet daar 'n klag by wetstoepas­sing teen die oortreder gelê word, 'n boete sal uitgereik word en die klaer moet bereid wees om in hof te getuig.

Wetstoepas­sing: 044 801 6350 (07:45 tot 16:30)

Anti-grondbeset­tingseenhe­id: 044 801 9101 (07:45 tot 16:30)

Na-ure (alle departemen­te): 044 801 6300

 ??  ??
 ??  ?? Munisipale bestuurder Trevor Botha
Munisipale bestuurder Trevor Botha
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa