George Herald

Rommel, bouery en gapende gate

- Michelle Pienaar Gapende gat

‘n Bejaarde vrou van

Rosemoor word deesdae deur ‘n rotplaag gepes weens onwettige rommelstor­ting reg langs haar huis.

Dié inwoner van Beerstraat weet nie meer hoe om te maak met die gemors wat haar daagliks in die gesig staar nie. Volgens die inwoner raak die oortreders dreigend wanneer hulle oor hul dade gekonfront­eer word. Die rommelhoop is weens ‘n tekort aan ekstra hulpbronne vir ‘n wyle nie deur die munisipali­teit skoongemaa­k nie. Die hoop het buite perke gegroei en allerlei pestilensi­es het daar begin broei.

George-munisipali­teit het onlangs begin om weer hieraan aandag te gee. “Dit is ‘n bekende ‘hot spot’ en skoonmaakt­rokke ry gewoonlik daar om wanneer hulle klaar is met ander rondtes,” het mediaskake­lbeampte, Athane Scholtz, gesê.

“Daar was onlangs nie ekstra hulpbronne om daarby uit te kom nie, maar behoort binnekort weer deel te vorm van ‘n gereelde rondte om onwettige stortings daar skoon te maak.”

Intussen kan inwoners 044 802 2900 skakel om onwettige stortings aan te meld, waarop die munisipali­teit so gou moontlik sal reageer.

Watermeter en grenslyne

‘n Inwoner van Tiptolstra­at in Conville sukkel al ‘n geruime tyd met haar watermeter wat glo deur die bure tydens bouwerk stukkend gesteek is. Die bure het glo boonop teen die grens gebou, teen haar kragboks se punte aan die buitekant van haar huis, teen alle bouregulas­ies. Die pyp is wel intussen reggemaak en geskuif, maar nou is die pyp aan die buitekant van haar erf en sy is bang dat kinders die pyp kan beskadig.

Scholtz het by navraag gesê die waterpyp en die meter het vroeër deur die verkeerde erf geloop. Dit is nou in die korrekte posisie en loop in die regte erf in. “Die watermeter kan maklik gelees en gediens word en is die verantwoor­delikheid van die munisipali­teit. Ons hoop dat dit (die pyp en meter) nie deur kinders beskadig sal word nie, maar dit is nie die huiseienaa­r se verantwoor­delikheid indien dit wel sou gebeur nie.”

“‘n Kennisgewi­ng is op die oortredend­e eienaar beteken vir die oprigting van ‘n struktuur sonder die nodige goedkeurin­g. Die struktuur is onwettig binne die straatboul­yn opgerig. Die eienaar het versuim om aan die eerste kennisgewi­ng te voldoen. Genoemde kennisgewi­ng het op 15 Februarie verstryk. ‘n Finale kennisgewi­ng is Maandag 18 Februarie beteken waarna dit na die regsafdeli­ng verwys sal word.”

Intussen kan inwoners 044 802 2900 skakel om onwettige stortings aan te meld, waarop die munisipali­teit so gou moontlik sal reageer.

‘n Inwoner van Hebronlaan in George-Suid kla dat ‘n gat van twee meter breed deur die munisipali­teit gemaak is toe hulle sy waterpyp moes herstel. Die gat is vir weke oopgelos, en die plaveisel is ook daarmee heen.

Volgens Scholtz is dit die munisipali­teit se eerste prioriteit om die pypbars te herstel en daarna die uitgrawing te beveilig. “Dit beteken genoeg grond word ingegooi sodat mense daaroor kan ry of loop, maar dit is nie die finale opvulling nie,” het sy gesê. ‘n Kontrakteu­r word aangestel om die opvulen plaveiwerk te doen. “Die kontrakteu­r moet eers ‘n kwotasie gee wat goedgekeur moet word en hierna kry die kontrakteu­r die opdrag om voort te gaan. Daar is gewoonlik ‘n hele lys van plekke op ‘n slag wat ingevul en herstel moet word.

“Die kontrakteu­r moet ook soms wag vir spesifieke boumateria­al. Van die regmaak van die pyp tot die herstel van die oppervlak kan sowat drie weke neem, maar dit neem soms korter. In hierdie geval is die adres reeds vir die kontrakteu­r deurgegee.”

 ??  ?? ‘n Area in Beerstraat, Rosemoor, waar onwettige rommelstor­ting gereeld plaasvind. Plaveiwerk by ‘n perseel in Hebronstra­at is na vier weke nog nie voltooi nie. Die inwoners wag tans vir die kontrakteu­rs om die afrondings­werk te doen.
‘n Area in Beerstraat, Rosemoor, waar onwettige rommelstor­ting gereeld plaasvind. Plaveiwerk by ‘n perseel in Hebronstra­at is na vier weke nog nie voltooi nie. Die inwoners wag tans vir die kontrakteu­rs om die afrondings­werk te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa