George Herald

Hond snuffel R5mil se tik uit bakkie

- Kristy Kolberg

'n Man van Nigerië, Jude Anthony Onah (33), verskyn môre Vrydag 8 Maart in die George-landdrosho­f. Onah is verlede Donderdago­ggend, 28 Februarie, met sowat R5 miljoen se tik in sy besit in hegtenis geneem.

Hy het Vrydag in die hof verskyn waarna die saak uitgestel is om inligting vir sy borgtogaan­soek te bekom. Hy bly in aanhouding tot dan.

Onah is buite George afgetrek waarna die Outeniqua K-9 honde-eenheid die dwelms onder die enjinkap in sy silwer Ford Rangerbakk­ie gevind het.

Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het gesê die hondeeenhe­id het op inligting van die gemeenskap gereageer waarna hulle Onah naby die begin van die Outeniquap­as vasgetrek het.

Tessa, die snuffelhon­d, is ontplooi en sy het positief op die dwelms gereageer.

"Beamptes het die bakkie deursoek en tik in swart sakke gevind. Ons glo die dwelms was vir verspreidi­ng in die Suid-Kaap bedoel," het Pojie gesê.

A man from Nigeria, Jude Anthony Onah (33), will appear in the George Magistrate's Court on Friday. Onah was arrested with tik worth approximat­ely R5-million in his possession on Thursday morning, 28 February.

He appeared in court on Friday and the case was postponed to obtain informatio­n for his bail applicatio­n. He remains in custody until then.

Onah was stopped outside George and the Outeniqua K-9 dog unit found the drugs under the bonnet in his silver Ford Ranger bakkie.

 ??  ??
 ??  ?? Tessa die snuffelhon­d by die voertuig waarin die tik versteek was. INLAS: Die dwelms was onder die enjinkap weggesteek.
Tessa die snuffelhon­d by die voertuig waarin die tik versteek was. INLAS: Die dwelms was onder die enjinkap weggesteek.
 ??  ??
 ??  ?? Sowat R5 miljoen se tik is in die voertuig gevind.
Sowat R5 miljoen se tik is in die voertuig gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa