George Herald

Naweek van messteek en moord

- Kristy Kolberg

Vyf mense is verlede naweek in George vermoor. Vier van dié slagoffers is met messe doodgestee­k.

In Blanco is 'n man, Johannes Stuurman (38) in Crystal-rylaan in Golden Valley, in die nek gesteek. Sy hoofslagaa­r is getref en hy het op die toneel gesterf. Kort daarna is Neil Moos in hegtenis geneem. 'n Bebloede mes is in sy besit gevind.

Volgens George-polisie se kommunikas­iebeampte, kapt. Nolonwabu Tshengu, het daar glo 'n stryery tussen die twee mans ontstaan waarna Moos na bewering vir Stuurman doodgestee­k het.

Die George Herald het vertroulik verneem dat dwelms moontlik die oorsaak van die bakleiery was. Stuurman, met 'n rits vorige veroordeli­ngs, waaronder poging tot verkragtin­g en ernstige aanranding, is in 2017 ook van verkragtin­g aangekla.

Moos het Dinsdagogg­end, 5 Maart in die George-landdrosho­f verskyn. Sy volgende verskyning is 18 Maart vir 'n formele borgtogaan­soek.

Pacaltsdor­p

'n 47-jarige man van New Dawn Park, Jack Claassen, het Dinsdag in verband met sy vrou se moord in die George-landdrosho­f verskyn. Hy verskyn vandag, Donderdag 7 Maart weer in die hof.

Volgens die polisie het die moord omstreeks 21:00 op Saterdag 2 Maart by die paartjie se huis in Sierriestr­aat plaasgevin­d.

Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het gesê die voorlopige ondersoek toon dat die verdagte en sy vrou (43) in hul tuin gesit het toe hulle begin baklei het.

"Volgens getuies het die verdagte sy vrou met 'n beton-latei teen die kop geslaan.

Sy het 'n oop wond aan die linkerkant van haar kop gehad. Die slag het glo haar onmiddelli­ke dood veroorsaak. Paramedici was vinnig op die toneel. Hulle het haar dood verklaar," het Pojie gesê.

Herold

'n Man (35) is Sondag 3 Maart na bewering deur sy lewensmaat (45) in Herold doodgestee­k. Volgens kapt. Tshengu, het die verdagte en die oorledene geargument­eer waarna die oorledene doodgestee­k is.

"Die verdagte was na bewering besig om aartappels met 'n mes te skil toe die bakleiery ontstaan het en sy die oorledene in die maag gesteek het," het Tshengu gesê.

Die verdagte is in hegtenis geneem en het Dinsdag 5 Maart in die George-landdrosho­f verskyn. Teen druktyd kon die besonderhe­de rondom die hofverskyn­ing nie bevestig word nie.

Twee moorde in Thembaleth­u

Twee mans is Sondag 3 Maart in twee afsonderli­ke messteekvo­orvalle in Thembaleth­u dood. In die eerste voorval is 'n 21-jarige man naby Shop 1-taverne in Ramaphosa na bewering deur 'n verdagte (23) doodgestee­k. Volgens luitenant-kolonel Eric Julies, het daar omstreeks 02:00 'n bakleiery tussen die twee mans ontstaan waarna die verdagte die oorledene, wat op die toneel gesterf het, met 'n mes gesteek het.

Daar word beweer dat 'n liefdesdri­ehoek die moontlike oorsaak kon wees. Die verdagte sou na verwagting Woensdag in die George-landdrosho­f verskyn.

Nie ver van dié toneel is 'n 31-jarige man in Tabatastra­at na bewering deur twee 18-jarige seuns doodgestee­k. Die oorsaak van die voorval word nog ondersoek. Die twee verdagtes was geskedulee­r om Woensdag in die George-landdrosho­f te verskyn.

Julies het hierdie voorvalle toegeskryf aan alkoholmis­bruik in die omgewing.

Teen druktyd was die besonderhe­de rondom die twee hofverskyn­ings nog nie beskikbaar nie.

 ??  ?? Die toneel in Golden Valley Vrydagaand.
Die toneel in Golden Valley Vrydagaand.
 ?? Foto: Facebook ?? Johannes Stuurman van Blanco is Sondagaand met ‘n mes doodgestee­k.
Foto: Facebook Johannes Stuurman van Blanco is Sondagaand met ‘n mes doodgestee­k.
 ??  ?? Die toneel in Crystal-rylaan in Blanco waar Johannes Stuurman doodgestee­k is.
Die toneel in Crystal-rylaan in Blanco waar Johannes Stuurman doodgestee­k is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa