George Herald

Moeg geploeg, maar met ‘n ‘sea view’

- Michelle Pienaar

'n Splinternu­we plakkerska­mp het sedert verlede week in Bluegumstr­aat, Pacaltsdor­p, verrys.

Teen Woensdag (gister) het sowat agt gesinne hul op die oop stuk veld aan die agterkant van Seaview ingerig, terwyl heelwat meer plotte afgebaken is met houtpale. Moeggeploe­g is die naam wat inwoners aan hierdie informele nedersetti­ng gee. "Want ons is moeg vir wag. Ek woon al 16 jaar in George. Ek is al jare en jare op die behuisings­waglys en ek moet sien hoe my dogter al hoe ouer word. Sy verlaat al amper die huis, maar hier sit ons. Sonder 'n huis," het een van die inwoners gesê.

Abraham Oktober en sy vrou, Anita, het blykbaar eerste hul hut opgerig, waarna die res gevolg het. Lede van die munisipale anti-grondbeset­tingseenhe­id lê kort-kort sedert verlede Donderdag besoek af. Van die hutte is afgebreek, maar word egter binne 'n ommesientj­ie weer deur inwoners opgebou.

Plakkers het briewe ontvang om op 19 Maart in die hof te verskyn, maar die geldigheid van die briewe word in twyfel getrek. "Die datums is verkeerd, en van die ouens aan wie die briewe gerig is woon nie eens hier nie," het David Ekstraal, een van die grondbeset­ters gesê.

'n Gebrek aan munisipale dienste en behuisings­hulp is die kwessies wat die groep die meeste pla. Hulle is van mening die bruin gemeenskap suig aan die agterspeen, terwyl planne gemaak word om grondbeset­ters in Thembaleth­u te help.

Munisipale bestuurder, Trevor Botha, het by navraag gesê die kwessie ontvang prioriteit aandag. "Details sal op 'n latere stadium bekend gemaak word," het hy gesê.

 ??  ?? Twee gesinne deel hierdie plakkershu­t. Van links is Kelly April met Davinay Ekstraal (1), Yuché (10) en haar sussie Shaylin Bruiners (3), Lorencia Bruiners en haar baba Shaywlin, David Ekstraal en Roché Ekstraal. REGS: Abraham Oktober en sy vrou Anita deel ‘n hut met Delmarie Tieties (links) en Hagen Michaels (4). Foto’s: Michelle Pienaar
Twee gesinne deel hierdie plakkershu­t. Van links is Kelly April met Davinay Ekstraal (1), Yuché (10) en haar sussie Shaylin Bruiners (3), Lorencia Bruiners en haar baba Shaywlin, David Ekstraal en Roché Ekstraal. REGS: Abraham Oktober en sy vrou Anita deel ‘n hut met Delmarie Tieties (links) en Hagen Michaels (4). Foto’s: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa