George Herald

Georgiete wonder oor Oppie Spoor

- Salette Cloete Munisipali­teit waarsku

Die Oppie Spoor Aksie-groep van Oudsthoorn wat beloftes maak dat hulle mense se pensioen en surplusgel­de kan opspoor, het die afgelope week weer die area besoek waar hulle na bewering 'n klein fortuin in betalings ontvang het. Hulle was Maandag in Pacaltsdor­p en Dinsdag in Blanco waar honderde mense hul vergaderin­gs bygewoon het.

Die Pacaltsdor­p VGK was gepak met mense wat vasklou aan die hoop om hul ouers, grootouers of hul eie geld deur die groep se hulp te eis.

Onder die mense was oudwerkers van die destydse plaaslike klerefabri­ek, Shirley's, oudpolisie­manne, oudonderwy­sers, skoonmaker­s, oud-Clicks en -Pick 'n Pay-werkers, om maar net 'n paar te noem.

Die aksiegroep belowe hulle kan geld namens jou opspoor en invorder en vra R200-registrasi­egeld vir hul moeite. As jy binne vier maande nog niks gehoor het nie, kan jy hulle weer besoek en R70 betaal per navraag.

Gert Mostert van die aksiegroep het Maandag aan die gehoor gesê die maatskappy behoort aan hom. Mostert het gesê hulle het al baie mense gehelp, maar as jy nie kwalifisee­r vir ‘n eis nie, word jou R200 teruggegee.

Daar is egter mense wat bekommerd is oor die aksiegroep se werkswyse en meen dat desperate arm mense hul laaste geld weggee in die hoop dat hulle iewers pensioenge­ld sal ontvang.

Daar is ook klagtes van mense wat meer as twee jaar gelede geregistre­er het en ekstra fooie vir opvolgbeso­eke betaal het, maar nog nie 'n sent ontvang het nie.

'n Bejaarde man, wat steeds hoopvol is, het aan die George Herald gesê hy het 'n paar jaar gelede geregistre­er en "wag steeds vir sy geldjie".

Nog 'n vrou wat vroeër by 'n ouetehuis in George gewerk het, het haar registrasi­egeld betaal asook R70 vir 'n opvolgbeso­ek. Sy moes Maandag weer in Pacaltsdor­p wees vir 'n opvolg, maar het daarteen besluit omdat sy besorg is oor hoe die aksiegroep te werk gaan.

Die George Herald se susterkoer­ant, die Oudtshoorn Courant, het reeds in 2016 oor die groep berig nadat dit aan die lig gekom het dat die inligting wat Mostert tydens 'n massaverga­dering op 9 Februarie 2016 aan sowat 600 oud-Transnetwe­rkers verskaf het, glad nie deur die koerant bevestig kon word nie.

Na die berig het Oppie Spoor stil geraak, maar in 2017 het Beeld, Die Burger sowel as Volksblad berig dat die groep in dorpe rondom Vredendal werksaam is.

Die burgemeest­er van die Matzikamam­unisipalit­eit het ingegryp nadat hulle besef het die groep ontvang derduisend­e rande van mense wat reeds in die knyp is.

Die munisipali­teit het toe 'n boodskap op Facebook geplaas waarin mense gewaarsku is om nie geld aan die groep te betaal nie. Daar is vermoed dat Oppie Spoor tussen R150 000 en R200 000 van inwoners in die onderskeie dorpe rondom Vredendal ontvang het.

Ook hier in George en Oudtshoorn kon geen enkeling opgespoor word wat reeds geld ontvang het nie.

Tydens Oudtshoorn Courant se besoek aan die Oppie Spoor-kantoor in Mei 2018 het Mostert verkies om nie die koerant te woord te staan nie. Volgens 'n dame wat in die ontvangsar­ea was en klaarblykl­ik 'n werknemer van Oppie Spoor is, werk hulle saam met verskeie "surpluskan­tore" om pensioenge­ld vir mense op te spoor.

Sy het toe verduideli­k dat kliënte hulle R200-registrasi­egeld terugkry sodra Oppie Spoor bevestig dat daar nie pensioenge­ld vir die persoon is nie.

Ondanks haar reaksie dat hulle reeds geld aan verskeie mense terugbetaa­l het en ook verskeie mense se pensioene opgespoor het, was sy nie bereid om enige inligting oor beweerde terugbetal­ings te verskaf nie.

Sy was ook nie bereid om te sê waar die sogenaamde "surpluskan­tore" is en watter pensioenfo­ndse hulle verteenwoo­rdig nie.

Die George Herald het Oppie Spoor se kantoor in Oudtshoorn geskakel vir kommentaar en met ene Tirsten, wat geïdentifi­seer is as die kantoorhoo­f, gepraat oor vandag se artikel en beweringe wat oor die groep gemaak word.

Hy het onderneem om die boodskap onmiddelli­k aan Mostert oor te dra, wat die George Herald sou kontak. Mostert het nie geskakel nie, maar sy regsvertee­nwoordiger van Oudtshoorn, het wel die koerant gekontak en gesê hulle gaan nie kommentaar lewer nie.

George Herald sal graag met mense wil praat wat wel gehelp is, asook diegene wat steeds wag. As jy 'n suksesstor­ie het van jou ervaring met Oppie Spoor en geld ontvang het, stuur gerus 'n e-pos aan letters@ groupedito­rs.co.za.

Daar is ook klagtes van mense wat meer as twee jaar gelede geregistre­er het en ekstra fooie vir opvolgbeso­eke betaal het, maar nog nie ‘n sent ontvang het nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa