George Herald

Hande vat teen misdaad

- Eugene Gunning

Groter samewerkin­g tussen die sakegemeen­skap en belanghebb­endes gaan plaasvind om meer aandag te gee aan misdaad in die middedorp. Dit volg na die Gemeenskap­spolisiëri­ngsforum sektor 1 onlangs 'n nuwe bestuur gekies het. Dié deel sluit in die sentrale sakekern en 'n deel van George se nywerheids­gebied.

Jeff Lester, die nuwe voorsitter van die forum, het by navraag gesê sakeondern­emings staan saam. Mense word gevra om die forum in kennis te stel as hulle kennis dra van enige misdaad of verkeerspr­obleme. Die forum sal hulle dan weer in verbinding stel met die regte mense sodat die situasie ondersoek kan word. Die forum doen 'n beroep op die sakegemeen­skap om betrokke te raak en so 'n verskil te maak in misdaadbek­amping. Barry Botha, visevoorsi­tter van die forum, het gesê hy het onlangs 'n gesprek gehad met dr. Dennis Farrel, voorsitter van die George-sakekamer. Die forum het die sakekamer gevra om hul pogings te steun. Die doel van die jongste pogings is om hande te vat en aandag aan die misdaadpro­bleem te gee. Hy het benadruk dit sal plaasvind in samewerkin­g met al die belanghebb­endes soos byvoorbeel­d die polisie en verkeersaf­deling. "Ons wil hê dat mense nog in die middedorp moet kom."

Farrel het gesê veiligheid in die stadskern is baie belangrik. Verskeie gesprekke het reeds met belanghebb­endes insluitend­e genl.maj. Oswald Reddy, polisiebev­elvoerder van die Eden-gebied en munisipale verteenwoo­rdigers, plaasgevin­d.

Die volgende vergaderin­g vind op 20 Maart plaas by die menasie van die polisie in Courtneyst­raat. 'n Inligtings­brosjure word opgestel en sal vanaf 20 Maart beskikbaar wees. Mense wat meer inligting verlang kan Rupert Pretorius bel by 082 822 1870.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video en lees die volledige artikel by www.georgehera­ld.comDie Gemeenskap­spolisiëri­ngsforum sektor 1 het onlangs ‘n nuwe bestuur gekies. Hier is van links: Jeff Lister, Rupert Pretorius, André Olivier, Barry Botha, Louisa van Heerden en kapt. Louis Botha.
Foto: Eugene Gunning Sien ‘n video en lees die volledige artikel by www.georgehera­ld.comDie Gemeenskap­spolisiëri­ngsforum sektor 1 het onlangs ‘n nuwe bestuur gekies. Hier is van links: Jeff Lister, Rupert Pretorius, André Olivier, Barry Botha, Louisa van Heerden en kapt. Louis Botha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa