George Herald

Boelie is ‘n groot sosiale probleem

- Salette Cloete

Die wat boelie en die wat dit toelaat, is ewe skuldig, so sê ‘n kenner wat sy tesis oor tieners se gedragspat­rone geskryf het en ‘n plaaslike anti-boelie-veldtog dryf.

Roger Jacobs van die WesKaapse departemen­t van onderwys se kantoor in George is genader oor die sensitiewe onderwerp na sowat 23 pogings tot selfdood sedert die begin van die jaar aangemeld is.

Kenners het die skakel gemaak tussen boelie en selfdood, veral boelie op sosiale media.

Jacobs sê sommige kinders is te bang om iets te sê omdat hulle bang is dat hulle ook geboelie sal word.

“Sommige geniet dit weer om te sien hoe ander verkleinee­r of geslaan word.” Hy meen dit moet nie net in skole aangespree­k word nie, maar ook in openbare forums. Hy sê kinders word egter in lewensorië­nteringskl­as geleer om die tekens van boelie en veral boelie op sosiale media uit te ken. Hy verduideli­k skole probeer leerders bewus maak van die slaggate van sosiale media en hoe om nie daarin vas te val nie.

Volgens Jacobs is daar baie redes waarom ‘n kind boelie. Een rede is wanneer so ‘n kind uit ‘n disfunksio­nele familie kom. “In sulke gevalle kry kinders geen of baie min liefde en word daar nie omgegee vir hulle nie.” Hy sê in baie gevalle word sulke kinders aan gewelddadi­ge situasies blootgeste­l of word erge lyfstraf toegepas.

Sommige boelies leef glo op die aandag wat hulle kry en doen dit om hul gewildheid te bevorder.

“Baie is impulsief, het ‘n lae selfbeeld en is lief om beheer oor ander uit te oefen.”

Jacobs sê boelies is slim en kies baie versigtig hul slagoffer wat gewoonlik ‘n stil en skugter persoon is. In sommige gevalle word hierdie gedrag versterk deur geld of materiële dinge en ook deur omstanders wat lag en selfs aanhits wat gebeur.

Volgens hom voel ‘n boelie geen empatie teenoor ander nie, en in baie gevalle is dit omdat hulle met hul eie emosies sukkel.

“Dit is gewoonlik omdat hulle self geboelie is en nou daardie negatiewe woede op medeleerde­rs uitoefen.” Sommige boelie omdat hulle ‘n leerproble­em het en nie sosiaal kan aanpas nie. Hy sê ouers moet aandag skenk aan hul tieners en kyk na veranderin­gs in gedragspat­rone. Volgens

Foto. ncpamd.com hom is ‘n tiener wat anders is, manier wat nie daardie kind se dalk depressief is, net doen wat selfbeeld afbreek nie.” ander sê, angstig is of dalk ‘n Hy sê tieners moet hulle nie gestremdhe­id het of oorgewig is laat manipuleer nie, en nie enige teikens vir boelies. inligting op sosiale media bekend

Jacobs sê ouers moet ‘n goeie maak nie. voorbeeld wees en hul kinders leer om respek te hê vir ander asook respek vir hulself. “’n Kind moet gedissipli­neer word, maar op ‘n

Vir hulp skakel Childline by 08 000 55 555 of ‘Safe Schools’ inbelsentr­um by 0800 45 46 47.

 ??  ??
 ??  ?? Die boelie, sowel as die wat geboelie word, is in meeste gevalle albei slagoffers, meen kenners.
Die boelie, sowel as die wat geboelie word, is in meeste gevalle albei slagoffers, meen kenners.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa