George Herald

KKNK: ‘n Kwarteeu se feeskunste­naars stal uit

-

Die hoogtepunt op die KKNK se visuele kunsprogra­m vanjaar is die KKNK25-terugbliku­itstalling met werke van die vorige 24 jaar se feeskunste­naars wat ten toon gestel word.

Volgens Lucia Boer, kunskurato­r van die KKNK, is dié uitstallin­g ’n viering van al die feeskunste­naars oor die afgelope 24 jaar en hul bydrae tot die visuele kunste by die fees. Werke van Jan Vermeieren, Hardy Botha, Erik Laubscher, Willie Bester, Wendy Malan, Piet Grobler, Claudette Schreuders, Wim Botha, Lien Botha,

Minnette Vári, André Naudé,

Judy Woodborne, Lawrence Lemaoana, Hylton Nel, Lukas Thobejane, Michaella Janse van Vuuren, Helena Hugo, Handspring Puppet Company, Diane Victor, Gordon Froud, Louis Jansen van Vuuren, Willem Boshoff,

Berni Searle, Hanneke Benadé, Kagiso Pat Mautloa en Johannes Maswangany­i is hier te sien.

Absa, hoofborg van die

KKNK, is ook betrokke by twee uitstallin­gs. “Met Maakit Mooi word vyf splinternu­we, funksionel­e kunswerke geïnstalle­er om Oudtshoorn te verfraai, na die eerste vier wat verlede jaar in die dorp opgerig is. Absa bied ook ’n uitstallin­g in die Prince Vintcentge­bou aan, getiteld Imagining Tomorrow,” vertel Boer.

Absa stel ook tydens die fees die Laat Jou Kuns Wenmentors­kapprogram bekend. Die doel hiervan is om geleenthed­e vir die ontwikkeli­ng van individue in verskeie kunsvorme te skep.

Drie opkomende kunstenaar­s van Oudtshoorn en Toekomsrus, Colin Meyer, Earlyn Cloud, en Zietske Saaiman, skop die program af.

Dié visuele kunsuitsta­llings kan daagliks van 09:00 tot 17:00 in die Prince Vintcent-gebou gesien word. Toegang tot die uitstallin­gs is gratis. Boer tree daagliks om 11:00 hier in gesprek met visuele kunstenaar­s wat by die fees uitstal. Elke gesprek fokus op ’n ander kunstenaar en die temas van hul werk word bespreek. Boer neem feesganger­s ook op ’n toer deur die uitgebreid­e uitstallin­gs op 22 Maart om 15:00, 23 Maart om 15:00 en 24 Maart om 15:00. Gesprekke en rondleidin­gs word gratis aangebied.

Dr. Paul Bayliss en Absa se mede-kunskurato­r, Thabo

Seshoka, bied daagliks om 08:30 begeleide kunstoere aan wat hul Maakit Mooi-installasi­epersele regoor Oudtshoorn besoek en vir feesganger­s buitengewo­ne insigte in die kreatiewe prosesse agter die ontwikkeli­ng en skepping van die kunswerke, gee.

Die volledige feesprogra­m is by www.kknk.co.za beskikbaar en kaartjies vir produksies is by Computicke­t, Shoprite/Checkers en House & Home beskikbaar.

 ??  ??
 ?? Foto: Hannes Visser ?? Colan Sylvester, Oudtshoorn se uitvoerend­e burgemeest­er (links) en dr. Paul Bauliss, kunskurato­r van Absa.
Foto: Hannes Visser Colan Sylvester, Oudtshoorn se uitvoerend­e burgemeest­er (links) en dr. Paul Bauliss, kunskurato­r van Absa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa