George Herald

Omgee-tydren was ’n groot sukses

- Eugene Gunning

Groot opgewonden­heid het Saterdag geheers toe deelnemers aan die Vryburgers se Omgee-tydren nader gestaan het.

Die tydren is geskoei op die Amazing Race wat op televisie uitgesaai word. Altesaam 26 spanne met twee deelnemers per span het vanjaar deelgeneem. Spanne het ’n leidraad ontvang om na 'n sakeondern­eming in George te gaan. Daar moes hulle ’n bepaalde uitdaging nakom soos byvoorbeel­d om die band van 'n voertuig om te ruil. Sodra die span die uitdaging suksesvol voltooi het, het hulle nog ’n leidraad ontvang om na die volgende sakeondern­eming te gaan. Hulle het elke keer 'n plakkertji­e ontvang. Al die persele was in George. As 'n span nie die uitdaging suksesvol voltooi het nie, is die volgende leidraad nie oorhandig nie. Eers nadat 'n span 12 plakkers op hul kaartjie gehad het, kon hulle terugkeer na die eindpunt by die Vryburgers se klubhuis. Die afsnytyd vir die tydren was 13:00. Elke ondernemin­g het R2 500 betaal as borgskap vir die Omgee-tydren. Die span wat gewen het, het R2 500 ontvang en die tweede prys was R1 000.

Adv. Paul de Bruyn, projekleie­r en stuurman (president) van die George Vryburgers, het gesê dit gee aan sakeondern­emings blootstell­ing. Al die geld wat ingesamel is, word ook gebruik vir liefdadigh­eid en gemeenskap­sbehoeftes in George.

Deelnemers het gewissel van oud tot jonk en mans tot vroue. Dit was die derde jaar wat dit aangebied is.

In sy verwelkomi­ng van deelnemers het hy gesê dit is nie onmoontlik om al die uitdagings binne vier ure te voltooi nie.

Hy het benadruk al die uitdagings is binne George en die verste radius is 10 km. As iemand vasbrand, gebruik Google. "Google is vandag jou beste maatjie."

Kort na 9:00 het die eerste deelnemers weggesprin­g. Hulle het letterlik in hulle motors gespring en so vinnig moontlik na die eerste uitdagings gery. Die wenspan was binne 1uur en 40 minute terug by die klubhuis.

De Bruyn het na die geleenthei­d gesê dit was 'n reusesukse­s en die plan is om dit weer aanstaande jaar aan te bied.

As ‘n span nie die uitdaging suksesvol voltooi het nie, is die volgende leidraad nie oorhandig nie.

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comGee pad voor. Deelnemers hardloop uit die Vryburgers se klubhuis op pad na hul eerste uitdaging in die Omgee-tydren.
Foto’s: Eugene Gunning Sien ‘n video by www.georgehera­ld.comGee pad voor. Deelnemers hardloop uit die Vryburgers se klubhuis op pad na hul eerste uitdaging in die Omgee-tydren.
 ??  ?? Deelnemers aan die Vryburgers se Omgee-tydren Saterdag besig om die band van ‘n voertuig om te ruil. Dit was een van die uitdagings.
Deelnemers aan die Vryburgers se Omgee-tydren Saterdag besig om die band van ‘n voertuig om te ruil. Dit was een van die uitdagings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa