George Herald

Susters woeker by KKNK

- Drie Susters

Vanjaar is die geliefde Margit MeyerRöden­beck nie net met een produksie by die komende Klein-Karoo Nasionale Kunstefees nie, maar sommer met twee. En beide handel oor susters.

In Drie Susters speel Meyer-Rödenbeck (Anel) saam met Lizz Meiring (Christine) en Nicole Holm (Bianca) susters wat reis deur die slaggate en mynvelde van verhouding­s, vrou- en ma-wees. Christine, Anel en Bianca se vlug na Thailand is vertraag. Dis Christine se 50ste verjaarsda­g en dis die tweeling se verjaarsda­ggeskenk aan haar. Hoekom moet Anel en Bianca altyd inmeng? 'n Bord sushi sou net so goed gewees het. Sy weet hulle is familie, maar hulle weet ook sy’s bang vir vlieg. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeus­es uitmekaarg­etrek en ou koeie opgegrawe. Want hier sit hulle nou. Die vlug is vertraag en sy's hoog op kalmeerpil­le. Bianca is vas oortuig sy't hulle verlore ma gesien. Anel praat met 'n aantreklik­e man. Christine maak haar oë toe. Sy droom van stilte. Absolute stilte. Sy wens partykeer haar man en seuns wil net verdwyn.

Sy mag dit nie dink nie, maar…. sê nou maar, sê nou maar Thailand is die antwoord.

Drie susters is ‘n dramedy geskryf deur Louis Pretorius van Die Boekklub-faam.

Die borge wat die produksie moontlik maak is Hiemstra Trust, KWV, Clemengold, Vision Insurance en Hannon.

Tye: Hoërskool Oudtshoorn

21 Maart om 18:30; 22 Maart om 09:30; 25 Maart om 14:30; 26 Maart om 13:30; 27 Maart om 13:30

Bespreek by Computicke­t.

Die voordele van eierwit

In die produksie is Meyer-Rödenbeck te sien saam met Marion Holm.

Kyk... as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.

Daar is ’n duisend dinge... Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n vegan) en pa se woonstel.

Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is, maar wat as alles vir ‘n oomblik stop. Wat gebeur dan?

Marion en Margit was laas saam te sien in ‘n two hander in die produksie Jong Dames Dinamiet van Hennie van Greunen in 2003. Na jare se dreig om weer ‘n produksie saam aan te pak, is dit nou sulke tyd.

Teks: Retief Scholtz; Regie: Tara Notcutt

Die produksie word ondersteun deur Nati, LW Hiemstra Trust, Clemengold en Tygervalle­i Winkelsent­rum Tye: kykNET Hoërskool 23 Maart om 18:30; 24 Maart om 09:30; 25 Maart om 18:30; 26 Maart om 09:30; 27 Maart om 18:30

Bespreek by Computicke­t.

Hou George Herald se Facebook dop in die week voor die KKNK om kaartjies na beide die vertonings te wen. Die voordele van eierwit by die

 ??  ??
 ??  ?? Van links is Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm soos te sien in Drie Susters. REGS: Na 16 jaar deel Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm weer alleen die verhoog. Gaan kykKKNK.
Van links is Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm soos te sien in Drie Susters. REGS: Na 16 jaar deel Margit Meyer-Rödenbeck en Marion Holm weer alleen die verhoog. Gaan kykKKNK.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa