George Herald

Suid-Kaap Kinderkoor hou werksessie

- Eugene Gunning

Besoekers aan die Eden Meander Lifestyle Centre is Saterdag begroet met die mooi klanke van koormusiek toe die bekende Suid-Kaap Kinderkoor sy maandeliks­e werksessie by die sentrum gehou het.

Dit was deel van hul voorbereid­ings vir komende konserte en optredes.

As deel van Saterdag se geleenthei­d is 'n sogenaamde flash mob ook gehou. Lede van die koor het op verskillen­de punte in die winkelsent­rum gestaan en toe al singende na 'n sentrale punt gestap. Van die besoekers het gaan stilstaan en na afloop spontaan hande geklap.

Mimi Haasbroek, koorbestuu­rder, het gesê die werksessie gee ook geleenthei­d vir koorlede om oefening te kry om in die openbaar op te tree.

Volgens haar het 'n wonderlike geleenthei­d in die koorse skoot geval. Die George munisipali­teit is die tweeling stad van Tacoma in die deelstaat Washington.

Hulle het deur die George-munisipali­teit die Suid-Kaap Kinderkoor genooi om 'n toer na Tacoma in Mei/Junie 2020 te onderneem. Tydens die toer sal die SuidKaap Kinderkoor saam met die Tacomajeug­koor optree en by verskeie plekke sing. Onderhande­linge gaan voort.

Die munisipali­teit sal met die onderskeie skole praat sodat leerlinge nie akademies ontwrig word nie. As die toer wel realiseer sal die koor se konserttoe­r na Europa na 2022 skuif. Die konserttoe­r is beplan na die Wêreldkoor­spele in België. As dit voortgaan sal besoeke ook gebring word aan Switserlan­d, Italië en Oostenryk.

In die stadium is die plan dat die koor later vanjaar saam met PJ Powers op Knysna sal optree. Die datum sal later finaal bevestig word.

Op 5 April sal die koor optree by die NG Moedergeme­ente George en op 14 Mei by 'n Musiekmont­age in George.

Volgens Haasbroek is daar sowat 100 koorlede en hul ouderdomme wissel tussen 9 en 16 jaar. Die deelnemers kom van verskeie plekke regoor die streek van Mosselbaai tot Plettenber­gbaai en self van Ladismith. As gevolg van die geografies­e uitgestrek­theid kan die koor nie elke naweek saam oefen nie. Hulle oefen afsonderli­k en het gewoonlik 'n gesamentli­ke werksessie elke maand. Die koor bestaan al sedert 1996.

Benewens Haasbroek (koorbestuu­rder) is Jan-Erik Swart die dirigent en Sunette Naude, die begeleidst­er. Daar is ook twee stemafrigt­ers, Annette Strydom en Helianthe Pieters. Die logistieke bestuurder is Fred Pieters en hy word bygestaan deur Dirk Botha. Swart het gesê die koor bied 'n geleenthei­d aan lede om oorsee te kan optree en blootstell­ing te kry.

 ??  ?? Die Suid-Kaap Kinderkoor tydens Saterdag se werksessie by Eden Meander Lifestyle Centre. Foto: Eugene Gunning Sien video’s by www.georgehera­ld.com
Die Suid-Kaap Kinderkoor tydens Saterdag se werksessie by Eden Meander Lifestyle Centre. Foto: Eugene Gunning Sien video’s by www.georgehera­ld.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa