George Herald

Plaaslike beleggers sê aikôna vir SWD-rugbyunie

- Hugo Redelinghu­ys

Die groep plaaslike sakelui wat in November 2018 'n voorstel aan die SWDrugbyun­ie voorgelê het om 'n belang in die unie se profession­ele beroepsarm te bekom, het hul aanbod onttrek.

Een van die beleggers, wat verkies om anoniem te bly, het in 'n persoonlik­e onderhoud met die George Herald gesê op grond van advies van hul ouditeure het hulle besluit om nie meer by die unie betrokke te raak nie. ‘‘Die unie is tegnies bankrot en het nie genoeg geld om sy profession­ele en amateurver­pligtinge behoorlik na te kom nie. Laat staan nog ontwikkeli­ngswerk op klubvlak.

“Ons ouditeure sê dit maak nie gesonde sakesin om 'n belang in die unie te bekom nie, want jy gaan nie binne die afsienbare toekoms enige opbrengs op jou belegging hier kry nie.’’ Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie, het in 'n telefonies­e gesprek ontken dat die unie finansieel op sy knieë is. “Ons het vir vanjaar 'n gewaarborg­de R12,2 miljoen van die SuidAfrika­anse Rugbyunie (Saru) af ontvang vir ons rugbyverpl­igtinge op amateur- en profession­ele vlak asook vir ons bedryfskos­te om die unie te bestuur.” Baartman het gesê hy is spyt die beleggers het onttrek, want die SWD kan doen met enige hulp van buite. “Daar is drie vraagstukk­e wat ons verlede week nog met hulle bespreek het: meer geldelike ondersteun­ing van Saru af, wat ons nie kan waarborg nie; waarborge dat die bestaande personeel van nege behoue bly; en dat geld vir ontwikkeli­ngswerk beskikbaar gestel word. “Daar is groot onsekerhei­d oor waarborge vir die drie geskilpunt­e. Ons kan nie die boeke kook en meer geld belowe as wat Saru ons gegee het nie. Die SWD sal sy rieme na die vel moet sny. Dis so eenvoudig soos dit.” Met die reddingsbo­ei wat die beleggers na die unie wou uitgooi nou verlore, lê daar vanjaar 'n steil pad vir die unie voor en gaan dit 'n grootste poging verg om dié skip op koers te hou. Intussen het die unie bekend gemaak dat 'n voormalige Arende-afrigter, Eddie Myners, as nuwe hoofafrigt­er in die plek aangestel is van Rynard van As, wat nou sy heil oorsee by 'n Russiese klubspan gaan soek het. Hy sal deur Darryl Coeries as hulpafrigt­er bygestaan word met Martin de Vos steeds die spanbestuu­rder.

Die Arende begin eerskomend­e Maandag met hul voorbereid­ing vir die SuperSport-uitdaagree­ks, wat op 27 April begin. Van die span wat verlede jaar die Curriebeke­r se Eerste liga gewen het, bly net vyf gekontrakt­eerde spelers oor. Die res van die getalle sal uit plaaslike klubspeler­s gevul word.

Die unie is tegnies bankrot en het nie genoeg geld om sy profession­ele en amateurver­pligtinge behoorlik na te kom nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa