George Herald

‘Moeës’ kry ‘n tweede asem

- Foto: Lizette da Silva

Beachweg in Pacaltsdor­p was gisterogge­nd deur betogers geblokkeer. Verkeer is vir ure ontwrig en die polisie het skokgranat­e en rubberkoeë­ls gebruik om die oproeriges uiteen te jaag.

Betogers het vroeg gisterogge­nd die pad na Pacaltsdor­p, Beachweg, met 'n ketting van mense geblokkeer. Onwettige grondbeset­ters van beide New Dawn Park (Moeggehuur) en Seaview (Moeggeploe­g) het aan die betoging deelgeneem. Dié name van die areas waar grond onwettig beset word, dui op inwoners se frustrasie met die pas waarteen behuisings­projekte in George plaasvind.

Hier en daar het motoriste Woensdagog­gend daarin geslaag om 'n pad deur die skare in Beachweg te baan, maar die verkeersvl­oei is grotendeel­s tot stilstand gebring.

GO GEORGE-busdiens kon nie hierdie roetes ry nie. Inwoners wat kinders betyds by die skool moes kry vir eksamens het hul frustrasie geopper. Betogers het gister teen 10:00 terugbewee­g na die Pacaltsdor­p polisiesta­sie. Die polisie se eenheid vir openbare orde (Pops) en beamptes van George-verkeer moes oproeriges beheer.

Van die betogers het klippe na die polisie en motoriste gegooi. Tydens die skermutsel­ing is 'n bystander, wat te voet op pad was werk toe, deur 'n rubberkeël langs haar oog getref. Die slagoffer moes mediese behandelin­g na die voorval ontvang. Dié betoging gisterogge­nd volg kort nadat beamptes van die munisipale anti-grond besettings eenheid, met die hulp van Pops, onwettige plakkershu­tte Dinsdagogg­end op 'n oop stuk grond in Bluegumstr­aat in Seaview, Pacaltsdor­p, afgebreek het.

Volgens die groep van New Dawn Park is hulle gegrief nadat hulle 'n hofbevel vir hul uitsetting op 'n stuk grond langs die New Dawn Park Laerskool ontvang het, ondanks 'n ondernemin­g van die Wes-Kaapse minister van menslike nedersetti­ngs, Bonginkosi Madikizela, dat hy die hofprosess­e sal keer tot hy met die groep ontmoet het.

'Moeggeploe­g' plat op die grond

Rubberkoeë­ls, skokgranat­e en traangas is tydens Dinsdag se voorval in Seaview ingespan. Die hutte is oor die afgelope twee weke onwettig deur agter plaasbewon­ers van die area opgerig. Inwoners het hierdie nuwe plakkerska­mp ‘Moeggeploe­g’ gedoop, omdat hulle meen hulle is moeg gewag vir huise. Sowat 18 plakkershu­tte was Dinsdagmid­dag steeds staande terwyl ongeveer 20 hutte afgebreek is. Inwoners van Seaview, wat terloops in die area was, moes maar koes toe die traangas en rubberkoeë­ls in hulle rigting vlieg. 'n Groep omstanders wat van 'n redelike afstand (sowat 400 m) gestaan en kyk het hoe die munisipale beamptes die hutte afbreek, moes skielik hardloop toe rubberkoeë­ls in hul rigting trek. 'n George Herald-verslaggew­er was onder hulle.

Volgens inligting is traangas in een van die plakkershu­tte wat reeds bewoon was, gegooi. 'n Gesin van vier, waaronder twee kleuters (2 en 3-jaar oud) het van die hut gevlug. Die kinders se ouers het hulle in 'n motor gelaai en weggejaag. Die name is bekend aan die George Herald, maar kontak met die ouers was nog nie moontlik nie.

In Hibiscusst­raat het inwoners en grondbeset­ters saamgedrom. Inwoners het later motorbande in Rose- en Hibiscusst­raat begin brand. Kort-kort is traangas en rubberkoeë­ls gebruik om die skare uiteen te jaag. Ma's met babas op die heup en kinders van alle ouderdomme het by huise ingehardlo­op. In een voorval is 'n ma, Suzanne Michaels, en haar baba in haar huis in Hibiscusst­raat deur die traangas oorval. Michaels is nie 'n grondbeset­ter nie.

Verskeie omstanders en inwoners het hul skok oor die mildelike gebruik van ammunisie uitgespree­k. Kommentaar van die polisie hieroor word afgewag.

Die EFF en onwettige grondbeset­ters van New Dawn Park het later by die toneel aangesluit en met grondbeset­ters in gesprek getree. Piet Malgas van die EFF en 'n inwoner van Seaview, het gesê hulle ondersteun die mense in hul tyd van nood. Van die mense het na die tyd weer begin om hutte te herbou.

 ??  ??
 ??  ?? Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comBrendon Jacobs (links) en inwoners van Seaview wys die doppies van rubberkoeë­ls wat na die onderonsie in die area opgetel is. Foto: Michelle Pienaar
Sien meer foto’s en ‘n video by www.georgehera­ld.comBrendon Jacobs (links) en inwoners van Seaview wys die doppies van rubberkoeë­ls wat na die onderonsie in die area opgetel is. Foto: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa