George Herald

George kyk na ander energiebro­nne

- Eugene Gunning

Die George-munisipali­teit ondersoek die moontlikhe­id om van alternatie­we kragbronne gebruik te maak om sy elektrisit­eitsbehoef­tes aan te vul. Dit is deur George-burgemeest­er, Melvin Naik, bevestig.

Vrae het die afgelope tyd ontstaan in welke mate George gebruik gaan maak van alternatie­we kragbronne gegewe die herinstell­ing van beurtkrag.

Dit het ook weer ter sprake gekom by die amptelike bekendstel­ling van 'n nuwe inisiatief tussen die George-munisipali­teit en Wesgro om beleggings na George te lok.

Naik het aan die George Herald gesê daar word gekyk na alternatie­we, gegewe beurtkrag wat tot kragonderb­rekings lei.

Volgens Naik het hy onlangs die vergaderin­g van die Premiersfo­rum in Worcester bygewoon.

Daar het die aangeleent­heid ter sprake gekom en dit is bespreek teen die agtergrond van 'n buitekans vir 'n algehele verdonkeri­ng (blackout). Daar is onder meer met Eskom gepraat.

Helen Zille, die Wes-Kaapse premier, se versoek aan munisipali­teite was dat hulle moet gesels met onafhankli­ke kragvoorsi­eners.

Zille het onderneem om dan op die nasionale regeringsf­eer weer die aangeleent­heid op te neem met Jeff Radebe, minister in die presidensi­e, om dit amptelik te maak dat ooreenkoms­te met sulke instansies gesluit kan word.

Naik het gesê George-munisipali­teit is voortduren­d op die uitkyk na oplossings.

Een van die uitdagings in George is die baie mense wat na die gebied kom. Hulle maak hul tuis in veral informele gebiede waar daar geen elektrisit­eit is nie. Dit lei baie keer tot protesaksi­es.

Om die gaping te oorbrug het die George- munisipali­teit verlede week kontak gemaak met 'n maatskappy wat betrokke is by behuising en 'n ander maatskappy wat betrokke is met sonkrag en sonpanele. Die maatskappy­e gaan nou 'n risikoanal­ise doen en 'n plan opstel om die gebruik van sonkrag tot uitvoering te bring.

Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer, het gesê die vestiging van alternatie­we energiebro­nne is baie belangrik.

"Dit verseker standvasti­gheid en dit beteken daar is dan betroubare energiebro­nne. Dit dra ook by tot die verbeterin­g van die omgewing."

Volgens Farrel kan dit ook help om beleggers te lok. Dit is op twee vlakke. Dit is ten opsigte van betroubare elektrisit­eitsvoorsi­ening en beleggers wat in die energiebed­ryf in George wil kom belê.

By die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit se kantore in George word al meer as 'n jaar van sonkrag gebruik gemaak om die elektrisit­eitsbehoef­te aan te vul. Memory Booysen, burgemeest­er, het gesê dit help baie en lei tot besparings. Dit vereis wel tegniese vaardighed­e. Die moontlikhe­id word ondersoek om dit uit te brei na ander satellietk­antore van die munisipali­teit.

Die George-lughawe maak ook reeds gebruik van sonpanele om sy elektrisit­eitsbehoef­tes aan te vul.

Die lughawe was die eerste in Afrika om in September 2015 oor te gaan na die gebruik van sonkrag.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Die ingang van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it in George. Foto: Eugene Gunning
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Die ingang van die Garden Route-distriksmu­nisipalite­it in George. Foto: Eugene Gunning
 ??  ?? Memory Booysen, burgemeest­er van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit
Memory Booysen, burgemeest­er van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit
 ??  ?? Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer
Dr. Dennis Farrell, voorsitter van die George-sakekamer
 ??  ?? Melvin Naik, George se burgemeest­er.
Melvin Naik, George se burgemeest­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa