George Herald

Verdagte in hof vir R5mil se tik

- Kristy Kolberg

Die Nigeriër, Jude Anthony Onah (33), wat op 28 Februarie vir die besit van sowat R5 miljoen se tik in hegtenis geneem is, het Vrydagogge­nd, 8 Maart, in die George-landdrosho­f verskyn.

Onah, wat eers vir regshulp aansoek gedoen het, het Vrydag die hof in kennis gestel dat hy sy eie prokureur wil aanstel. Onah is buite George afgetrek waarna die Outeniqua K-9 honde-eenheid die dwelms onder die enjinkap in sy silwer Ford Ranger-bakkie gevind het.

Die saak is tot gister, Woensdag 13 Maart, uitgestel. Teen druktyd was die besonderhe­de rondom sy hofverskyn­ing nog nie bekend nie.

Gemeenskap sê "nee" vir borgtog

'n Klein groepie mense het Vrydagogge­nd die eendeweer trotseer en in Eenheidspa­rk en

voor die hof bymekaarge­kom in teenstand met die borgtogaan­soek van dié beweerde dwelmhande­laar.

 ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Foto: Kristy Kolberg ?? ‘n Klein groepie mense het Vrydagogge­nd die eendeweer trotseer en in Eenheidspa­rk en voor die hof bymekaarge­kom in teenstand met die borgtogaan­soek van dié beweerde dwelmhande­laar.
Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Foto: Kristy Kolberg ‘n Klein groepie mense het Vrydagogge­nd die eendeweer trotseer en in Eenheidspa­rk en voor die hof bymekaarge­kom in teenstand met die borgtogaan­soek van dié beweerde dwelmhande­laar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa