George Herald

Alyssa vind haar voete in George

-

Alida de Beer

Alyssa Gouws, die meisie wat boer Cassie van KwaZulu-Natal se topkeuse was tydens 2018 se Boer Soek 'n Vrou-reeks, wil wortel skiet in George.

Dié pragtige blondine het vyf weke gelede hierheen verhuis nadat sy as fisioterap­eut by Physio Junction aangestel is.

Gouws, 'n meisie sonder tierlantyn­tjies en met haar voete plat op die aarde, het in 'n onderhoud met George Herald gesê dit was 'n warrelwind gebeurteni­s. Toe die kontrak vir haar gemeenskap­sjaar in Desember verlede jaar tot 'n einde kom, het sy ander werk begin soek. Haar aanvanklik­e plan was om Pretoria toe te gaan omdat dit nader is aan haar ouerhuis in Roedtan, Limpopo. Maar uiteindeli­k het sy besluit sy wil heeltemal van omgewing verander vir 'n nuwe begin. In haar soektog na werk, het sy die pos in George raakgesien, aansoek gedoen, en twee weke later was sy hier.

Alyssa is "by die diep kant ingegooi" in haar nuwe werk by 'n praktyk waar dit baie bedrywiger is as waar sy haar gemeenskap­sjaar gedoen het. "Ek sien nou soveel pasiënte in 'n dag as wat ek in 'n week gesien het." Dit het haar egter gehelp om vinniger in te skakel en haar voete te vind.

Sy het al 'n klompie kennisse deur die kerk en by die gimnasium ontmoet, en ook vriende gemaak met 'n arbeidster­apeut wat net soos sy onlangs nuut in George aangeland het. "Ek is verbaas dat 'n mens so vinnig soveel vriende kan maak, maar al die mense hier is so oulik, hulle maak dit maklik."

Sy voel geensins ongemaklik oor die bekendheid wat sy landwyd onder Afrikaanse kykers verwerf het nie, hoewel sy nie dink dat sy so bekend is nie. Wanneer iemand haar wel herken, sien sy dit as 'n goeie aanknoping­spunt vir 'n gesprek, wat haar help om nuwe vriende te maak.

Die Boer Soek 'n Vrou-ervaring het haar gehelp om meer seker van haarself te wees. "Ek was voor die reeks verskrikli­k skaam. Dit het my people skills geleer en my help groei as 'n mens."

Sy en Cassie het vir drie maande ná die program geskiet is, oor en weer gekuier, maar het uiteindeli­k besluit dat hulle paaie maar moet skei. "Ek was mal oor hom en hy was mal oor my. Soos wat die tyd aangegaan het, het ons baie gemaklik geraak as vriende, maar die konneksie wat ons gehad het, het net gefade. Die spark was net nie meer daar nie. Ons het saam besluit ons wil nie mekaar se tyd mors nie. Ons is al twee redelik ernstig dat die persoon met wie ons nou in 'n verhouding gaan tree, definitief die troumaat Alyssa Gouws is gelukkig in George. Sy sê die mense is gaaf en dis ‘n groot pluspunt dat daar lekker strande so naby aan die stad is. moet wees. Ons het nou nog kontak, maar net op 'n goeie vrienskaps­basis."

Alyssa is lief vir die buitelewe en is in haar noppies dat sy nou op die ingewing van die oomblik strand toe kan gaan. Sy oefen graag in die gim, hou daarvan om tyd te spandeer saam met die mense vir wie sy omgee, en ook met tye rustig te raak met haar neus in 'n boek.

Haar ma het reeds vir 'n week in George kom kuier. "My ma het dit aangemoedi­g dat ek so ver weg trek en gesê ek moet my vlerke sprei."

Haar pa was minder entoesiast­ies oor die wysheid van so 'n stap, maar hy is heeltemal tevrede noudat hy sien hoe goed sy aanpas.

"Dit was 'n blindeling­se geloofstap. Ek het gedink dat ek dalk spyt sou wees ná so 'n vinnige skuif, maar inteendeel. Ek is baie gelukkig." Op die oomblik voel sy dat as daar vir haar 'n maat hier in George is, sy nie sal omgee om 'n lewe saam met hom hier uit te kap nie.

 ??  ??
 ?? Foto: Alida de Beer ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Foto: Alida de Beer Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa