George Herald

Varkaanval­lers gevonnis

- Kristy Kolberg

Drie jong mans, waarvan twee minderjari­g is, is Dinsdag 12 Maart in die George-hof vir dieremisha­ndeling en veediefsta­l gevonnis. Hulle het op 25 Januarie skuldig gepleit en die hof het die pleit aanvaar.

Daniël Minnies en die twee minderjari­ge beskuldigd­es (albei 16), is in 2017 in hegtenis geneem op aanklagte van dieremisha­ndeling en diefstal ná hulle 'n man van Syferfonte­in se varke gesteel en met kapmesse bygedam het.

Volgens Tuinroete DBV-inspekteur, Henrico Peypers, het hulle op 19 Maart 2017 'n oproep oor die voorval van die varke se eienaar ontvang.

"Die varke was erg beseer en is na die DBV gebring vir chirurgies­e behandelin­g. 'n Saak van dieremisha­ndeling is deur ons en die eienaar geopen. Die eienaar het ook 'n klag van diefstal gelê. Daar was in daardie stadium geen verdagtes nie, maar deur goeie speurwerk van die veediefsta­leenheid, kon die beskuldigd­es vasgevat word," sê Peypers.

Minnies en sy medepligti­ges is 'n boete van R6 000 of 12 maande tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, opgelê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa