George Herald

Wys my jou pampoene

-

Jacob du Plessis (middel) van Vyeboom op Villiersdo­rp is as die kampioen van die 9de Heidelberg Groot Pampoenfee­s op Saterdag 9 Maart gekroon. Dié wenpampoen het die skaal op 601,8 kg laat kreun. Almal het vir ’n oomblik gedink dat dit die nuwe Suid-Afrikaanse rekord is, maar Peet Joubert van Gauteng se pampoen het dieselfde oggend, met kompetisie daar, die rekord met 613 kg verseker. Die drie wenners is van links: Elizna Lotz (derde), Du Plessis en Piet Lotz (tweede). Die Lotz-egpaar is van Riversdal.

 ?? Foto: San-Marié Cronjé ??
Foto: San-Marié Cronjé

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa