George Herald

Tentkerk skuif ná interdik

-

Alida de Beer

Die Christ Dominion City-gemeente het die afgelope naweek vir die laaste keer 'n diens te Noordstraa­t 30 (erf 52), Pacaltsdor­p gehou.

Ná die oggenddien­s is die tent waarin kerk gehou is opgeslaan en het die gemeente opgepak om te skuif na 'n perseel wat glo in die George-industriël­e gebied geleë is.

Dit volg op 'n hofinterdi­k wat die Georgemuni­sipaliteit verkry het om die kerk te dwing om te trek. Dit is uitgereik in terme van die verontagsa­ming van die munisipale grondgebru­ikregulasi­es. Die grond is nie vir kerkdoelei­ndes gesoneer nie. Joel Togba, die kerkleier, het in April verlede jaar 'n munisipale kennisgewi­ng geïgnoreer ingevolge waarvan hulle die perseel moes ontruim.

Togba se kerk het in laat 2017 sy intrek in Noordstraa­t geneem. Die munisipali­teit het die elektrisit­eit na die erf afgesny, maar die kerk het 'n kragopwekk­er ingespan om sy bedrywighe­de te kan voortsit.

Die Van der Berg-familie van Pacaltsdor­p, wat beweer dat hulle verwant is aan oorlede mnr. Jacobs in wie se naam die betrokke erf geregistre­er is, het gesê die familie is verlig. "Ek glo hierdie kerk het nie 'n impak gemaak op die gemeenskap nie. Die feit dat hulle getrek het, is 'n bewys dat hulle van dag een af onwettig op die grond was," het Edmond van der Berg gesê.

Sy tannie en oom, Chrissie en William van der Berg (broer en suster), woon oorkant erf 52. Die Van der Bergs is besig met 'n proses om verwantska­p met die ontslape eienaar van die erf te bewys sodat die boedel afgehandel en die erf aan hulle oorgedra kan word.

Togba het by meer as een geleenthei­d in die verlede te kenne gegee dat hy nie kommentaar wil lewer oor die situasie nie. Sy prokureur het teen saktyd nog nie op 'n versoek om kommentaar geantwoord nie.

 ??  ?? Die tent is afgeslaan en die perseel word finaal ontruim. INLAS: Die tent waarin kerk gehou is.
Die tent is afgeslaan en die perseel word finaal ontruim. INLAS: Die tent waarin kerk gehou is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa