George Herald

Kanker kan Suid-Afrika se ekonomie raak

-

Engela van der Merwe bied op 20 Maart om 10:00 ‘n inligtings­praatjie aan oor kanker in die sitkamer van Huis JJ Watson op die hoek van Cradock- en Fichatstra­at. Van die drie mees gevreesde siektes in die wêreld is kanker hoog op die lys.

Daar word voorspel dat kanker in Suid-Afrika teen 2030 met 78% gaan toeneem. In 2008 het 12,7 miljoen mense in die wêreld een of ander tipe kanker gehad. Die getal kan tot 22,2 miljoen in 2030 styg. Onlangse studies het ook gewys dat kanker van die grootste oorsake van sterftes is en dat dit ‘n impak op die land en elke lid van die bevolking se ekonomie het. Vir meer inligting, bel me. Barnard by 044 874 3039.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa