George Herald

Buurtwagte vra samewerkin­g

-

Verskillen­de buurtwagte het vroeër die maand kragte saamgespan met Fidelity, ADT LVDS en Pangela Security vir 'n gesamentli­ke operasie om bewusmakin­g van misdaadbek­amping te skep.

Die bymekaarko­mpunt was op die hoek van Swawel- en Korhaanstr­aat, Conville waar kol. Ronald Swart van die Convillepo­lisie die buurtwagte van Proteapark en Le Vallia toegespree­k het. Daarna is die gesamentli­ke operasie in die strate van Conville, Lawaaikamp, Borcherds, Rosemoor en Proteapark voortgesit.

In Rosemoor het konst. Daniël Esau beslag gelê op nege Mandrax-tablette en 'n vleiskapme­s. Niemand is in hegtenis geneem nie. 'n Verdagte na wie die polisie gesoek het, is ook in Rosemoor deur konst. Riaan Tromp en sers. David Claassen van die Conville-misdaadvoo­rkomingsee­nheid gearrestee­r. Konstabels Allister Avontuur en Lornene Tromp was ook deel van die patrollie.

In Borcherds is 'n man met 'n kapmes wat alkant flymskerp gemaak is, gearrestee­r.

"Ons doen 'n beroep op die gemeenskap om hul samewerkin­g te gee en nie die misdaadbek­ampingsini­siatief teen te staan nie," sê Rudy Lewis, voorsitter van die Conville-buurtwag. "Die kerkleiers word ook uitgenooi om ondersteun­ing te gee sowel as die besigheids­manne in Mandelabou­levard. Dwelm- en alkoholmis­bruik is die groot oorsaak van misdaad waaronder inbraak, diefstal en huishoudel­ike geweld. Ons jeug wat die toekomstig­e leiers is, word gevange gehou en teruggehou as gevolg van verslawing en bendebetro­kkenheid. Laat ons hande vat. Genoeg is genoeg. Ons vat ons strate en eiendomme terug en skep 'n beter en veiliger gemeenskap vir almal."

Vir meer inligting oor die buurtwag en oor hoe om betrokke te raak, bel Lewis by

061 977 6098.

 ??  ?? Buurtwagle­de word toegespree­k deur kol. Ronald Swart.
Buurtwagle­de word toegespree­k deur kol. Ronald Swart.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa