George Herald

Carpe Diem geniet poppekas

-

Op Dinsdag 26 Februarie het Paul en Marina Eilers Carpe Diem skool besoek. Hulle het ‘n opvoedkund­ige poppekaste­ater oor water vir leerders aangebied. Met karakters soos Kriewel Krap, Otter Maplotter en vele meer het hulle gesorg vir groot opgewonden­heid en vermaak. Leerders het ‘n liedjie geleer en wys nou nie meer "sharp-sharp" nie, maar "drup-drup". Opvoeders het ook ‘n storieboek ontvang waaruit daar vir leerders voorgelees kan word. Paul en Marina word ondersteun deur Junior Landcare van die departemen­t landbou van die Wes-Kaap. Paul Eilers word bedank deur Beauline Nortjé, ‘n leerder van Carpe

Diem skool.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa