George Herald

Sedgefield­ers skop hoog in rolbaltoer­nooi

- Jannie Meyer

'n Rolbalspan van Sedgefield het vanjaar hoog geskop en met die louere weggestap in die gewilde Colts & Fillies-toernooi wat jaarliks deur die Groot-Brak-rolbalklub aangebied word.

Die naaswenner­s wat 'n span van Outeniqua-rolbalklub met nog 'n span van Sedgefield wat die derde plek ingeneem het. Die wenspan se lede was Pam Millard, Ian Smith, Ronel Eloff en Martin Simonie. Outeniqua se span is deur Frans Venter,

Judy Swart, Gideon Swart en Sandy

Cohan verteenwoo­rdig terwyl die lede van die Sedgefield-span in die derde plek Gill Thomas, Allan Clark, Hendrien Fourie en Denis Measdy was.

Dit is 'n baie gewilde toernooi want dit word net deur gegradeerd­e leie en tweedes gespeel. Die derdes en skips doen dan gewoonlik die spysenieri­ng en sorg vir die glad loop van die dag.

Spanne speel vier rondes van 10 koppe en elke lid van die span speel met elke ronde in 'n ander posisie.

Dit was 'n heerlike warm dag en spel het ook net betyds klaar gekry toe die reën begin uitsak. Die borg vir die dag was weer Nico Dippenaar van Groot-Brak Total en Steers soos die geval die afgelope 15 jaar is.

Daar was 20 spanne van klubs soos Vista, Outeniqua, George, Hartenbos, Sedgefield, Outeniqua en Stilbaai.

 ??  ?? Die wenspan van Sedgefield-rolbalklub staan hier by die borg, Nico Dippenaar (heel links). Die spelers is van links: Pam Millard, Ian Smith, Ronel Eloff en Martin Simonie.
Die wenspan van Sedgefield-rolbalklub staan hier by die borg, Nico Dippenaar (heel links). Die spelers is van links: Pam Millard, Ian Smith, Ronel Eloff en Martin Simonie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa