George Herald

Kommaweer bo!

- Jannie Meyer

Selfs die nat bane, nadat harde reënbuie uitgesak het, kon nie die geesdrif demp in die eindronde van die Relax Beds & Foamsomerl­iga vir besigheids­panne van die Outeniqua-rolbalklub nie en Kommaweer Stoffeerde­rs het vir die eerste keer na baie reekse as kampioene uit die stryd getree.

Hulle het die reeks met vyf ligapunte beter as Supporters, wat dramaties vanaf die vyfde plek na naaswenner­s opgeskuif het, gewen. Spares Squad het in die finale wedstryd teen Supporters, wat die vorige reeks se kampioene was, te staan gekom. Kommaweer het Bowling Stones in die finale wedstryd geklop en hulle na die vierde plek laat terugsak.

Jack's Paint & Hardware, wat ook baie konstant in die reeks gevaar het, het die derde plek ingeneem na 'n oorwinning oor Accidental Bowlers.

Alhoewel die nat bane sake baie bemoeilik het, het dit nie 'n demper op die gees geplaas nie.

Die spanne het met oorgawe in die reën gespeel en agterna het almal aan gratis biefstuk gesmul wat deur die klub voorberei is terwyl hulle met lewendige musiek vermaak is.

Nou sien die meeste spanne uit na die volgende reeks wat binnekort begin terwyl verskeie nuweling-spanne ook navraag gedoen het. Moontlik kan die klub met die volgende toernooi hul derde baan ook inspan en 14 spanne meer huisves.

Finale uitslae:

1 Kommaweer Stoffeerde­rs 70; 2 Supporters 65; 3 Jack's Paint & Hardware 61; 4 Bowling Stones 56; 5 Mend a Bath 55; 6 Coastal Armature Winders 54; 7 Accidental Bowlers 54; 8 Halfway Toyota Butz & Gutz 54; 9 Kirsten & Tulleken Vervoer 53; 10 Ricoh

52; 11 Talisman 50; 12 Spares Squad 48; 13 Vorster Motors 48; 14 Magic Rollers

47; 15 Relax Beds & Foam 47; 16 Biltong & Braai 47; 17 Supa Rollers 46; 18 Kruger Internasio­naal 46; 19 Roes 44; 20 Amec 44; 21 Total Gaz 43; 22 JB Motors 42; 23 Just Property 42; 24 Bushwacker­s 41; 25 Orange Apples 36; 26 Crocs 35; 27 Hot Shots 35; 28 Unibuild Bowlers 29.

 ?? Foto’s: Jannie Meyer ?? Die wenners van die Somerliga by Outeniqua-rolbalklub, Kommaweer Stoffeerde­rs, se lede spog met hul arms vol pryse. By hulle verskyn Marizaan Rheeder van Relax Beds & Foam wat die pryse oorhandig het. Van links: Jayson Botes, Bossie Bosch, Godfried Rheeder en Kobus Barnard.
Foto’s: Jannie Meyer Die wenners van die Somerliga by Outeniqua-rolbalklub, Kommaweer Stoffeerde­rs, se lede spog met hul arms vol pryse. By hulle verskyn Marizaan Rheeder van Relax Beds & Foam wat die pryse oorhandig het. Van links: Jayson Botes, Bossie Bosch, Godfried Rheeder en Kobus Barnard.
 ??  ?? Die naaswenner­s, Supporters, se spanlede ontvang hul pryse van Marizaan Rheeder wat die pryse namens die borg oorhandig het. Hulle is van links: Fred Goosen, Anthony Martin, Braam Immelman, Johann Faber en Kobus Nel.
Die naaswenner­s, Supporters, se spanlede ontvang hul pryse van Marizaan Rheeder wat die pryse namens die borg oorhandig het. Hulle is van links: Fred Goosen, Anthony Martin, Braam Immelman, Johann Faber en Kobus Nel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa