George Herald

Ongelukke op paaie oral die naweek

- Kristy Kolberg

Die afgelope langnaweek het George weer sy deel van motorongel­ukke ervaar. Volgens George-verkeersho­of, Donovan Saptoe, was die paaie in en om George relatief besig met verskeie motorongel­ukke wat gerapporte­er is.

"Gedurende die naweek het George verkeersaf­deling saam met die Wes-Kaapse provinsial­e verkeersaf­deling en lede van die polisie aan geïntegree­rde padblokkad­es deelgeneem," sê Saptoe.

Hy sê een persoon is vir dronkbestu­ur in hegtenis geneem en 152 boetes is uitgereik. Boetes is uitgereik aan onder meer motoriste wat sonder lisensies bestuur het, ongelisens­ieerde voertuie, voertuie wat oorlaai was en motoriste wat versuim het om by stopstrate of rooi verkeersli­gte te stop.

Ongelukke oor die naweek

Vrydagmidd­ag het die bestuurder van 'n wit Mitsubishi-bakkie wat houtstompe met 'n sleepwa vervoer het, beheer oor sy voertuig verloor waarna die voertuig op sy dak beland het. Die voorval het kort voor 15:00 op die N2 net na die Thembaleth­ubrug plaasgevin­d. Nie die bestuurder of sy passasier het ernstige beserings opgedoen nie.

In 'n afsonderli­ke voorval was drie voertuie in 'n botsing aan die agterkant van die departemen­t van korrektiew­e dienste in Hoopstraat betrokke. Volgens getuies het 'n silwerkleu­rige Opel-motor in die pad stilgestaa­n toe 'n wit Hyundai-motor die Opel van agter getref het. Die Hyundai het na bewering getol en 'n Isuzu-bakkie, wat agter hom gery het, getref. Niemand is ernstig beseer of gehospital­iseer nie. Geen verdere inligting rondom die ongeluk was teen druktyd bekend nie.

Daar was Saterdagaa­nd ‘n ongeluk op die Dellvillep­ark / Rosedale-kruising waarby 'n wit VW Golf en 'n silwerkleu­rige Hyundai-bussie betrokke was. Die Golf het na bewering van die toneel af weggejaag. Volgens Pacaltsdor­p-polisie se kommunikas­iebeampte, sers. Shadelle Fisher, is die ongeluk nie by hulle aangemeld nie. "Niks is by Pacaltsdor­p-polisie aangemeld nie. Volgens ons boeke is daar nie so 'n ongeluk nie," het sy gesê.

Met die George Herald se aankoms op die toneel was polisiebea­mptes van dié stasie wel teenwoordi­g asook verkeersbe­amptes. 'n Polisiebak­kie het die toneel verlaat en na 'n winkel in Dellvillep­ark gejaag waar dit by 'n wit Golf gestop het, wat gelyk het asof dit in 'n ongeluk was.

Op Sondag 24 Maart omstreeks 09:15 het twee voertuie mekaar by die verkeersli­g by die Garden Route Mall getref.

Volgens Conville-polisie se stasiebeve­lvoerder, kol. AB Kriga, word daar beweer dat die verkeersli­g vir albei voertuie groen was toe 'n Toyota Corolla en 'n Nissanbakk­ie mekaar getref het.

"Een bestuurder beweer dat die pyl om regs te draai na die ingang van die winkelsent­rum geflits het toe hy gedraai het. Die ander voertuig wou reguit ry en hulle het mekaar getref," sê hy.

Volgens 'n getuie het die Nissan-bakkie met twee insittende­s, die passasiers­kant van 'n Toyota Corolla getref toe dié na die GR Mall wou afdraai.

Die vier insittende­s in die Corolla en albei in die Nissan is deur paramedici na die hospitaal geneem waar hulle vir ligte tot matige beserings behandel is.

In 'n tweede voorval het 'n voertuig met vyf insittende­s, drie mans en twee vroue, op sy dak in 'n sloot langs die N2 naby die Glentana-afrit beland. Die bestuurder het klaarblykl­ik beheer oor die voertuig verloor waarna die voertuig die pad verlaat het.

Die beseerdes het ligte en matige beserings opgedoen. Al vyf pasiënte is deur ER24parame­dici na die George-hospitaal geneem.

 ??  ?? Die Mitsubishi-bakkie het Vrydagmidd­ag op sy dak te lande gekom op die N2 naby die Thembaleth­u-brug. Dit is verstommen­d dat niemand beseer is nie.
Die Mitsubishi-bakkie het Vrydagmidd­ag op sy dak te lande gekom op die N2 naby die Thembaleth­u-brug. Dit is verstommen­d dat niemand beseer is nie.
 ??  ?? Vrydag se toneel in Hoopstraat.
Vrydag se toneel in Hoopstraat.
 ??  ?? Dit is steeds onbekend wat die oorsaak van die ongeluk tussen ‘n Hyundai-bussie en ‘n VW Golf Saterdagaa­nd was.
Dit is steeds onbekend wat die oorsaak van die ongeluk tussen ‘n Hyundai-bussie en ‘n VW Golf Saterdagaa­nd was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa