George Herald

Brande-belasting doodgebore

- Eugene Gunning

Die land se probleem is nie die beskikbaar­heid van geld nie. Dit is hoe die geld bestuur en bestee word.

So het Anton Bredell, Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en DA-voorsitter in die provinsie, by navraag gesê.

Hy het kommentaar gelewer na aanleiding van 'n openbare herrie wat losgebars het oor 'n voorstel van Memory Booysen, burgemeest­er van die Garden Routedistr­iksmunisip­aliteit, dat 'n bykomende brande-belasting ingestel moet word.

Booysen het die voorstel verlede week gemaak tydens 'n Brandewerk­sessie. Hy het onder meer voorgestel dat 'n aparte heffing ingestel word om die kostes van brande te dek.

Die geld kan dan gebruik word vir die kostes van brandbestr­yding en skade aan eiendom. Die George Herald het verlede week eerste daaroor berig en Bredell het daarna met Booysen kontak gemaak.

Volgens Bredell het Booysen dit nie vooraf moet hom uitgeklaar nie en daar is nie sprake dat so-iets ingestel sal word nie.

"Die Wes-Kaapse regering en die DA is daarteen gekant."

Bredell het benadruk daar is nie 'n tekort aan fondse nie. "Die debatte moet gaan oor die bestuur en prioritise­ring van fondse.

“Ons is reeds oorbelas as 'n nasie en korrupsie is die euwel wat uitgewis moet word.

"Ons bestuur die beste rampbestuu­rsentrums op die Afrikakont­inent. Ons prioritise­er dit jaar na jaar en belê daarin. Die land het nie 'n tekort aan geld nie. Dit is wanbestedi­ng en korrupsie wat ons op ons knieë dwing.

"Die land sit met te veel Eskoms. Ons belê nie in infrastruk­tuur nie en hou dit nie in stand nie.

“Deel van die debat moet eerder wees wat is die koste van ons regering wat tans bestaan uit nasionaal, provinsiaa­l en die A-,B- en C-munisipali­teite. Waarvoor ons moet baklei is 'n debat oor wat is 'n bekostigba­re politieke stelsel vir ons land."

Booysen het Dinsdag gesê hy het die voorstel gemaak om 'n debat aan die gang te kry vir 'n oplossing.

"Dis duidelik my voorstel is nie aanvaarbaa­r nie. Dit is nie 'n raadsbeslu­it en die DA se standpunt nie. Ek beskou my voorstel as doodgebore."

Een van die mense wat tydens die konferensi­e kritiek teen Booysen se voorstel uitgespree­k het is dr. Jaap Steenkamp.

Steenkamp, bekende inwoner van George en hoof- uitvoerend­e beampte van die SA Forestry Contractor­s Associatio­n, het aan die George Herald gesê hy staan by sy standpunt. "Dis onaanvaarb­aar. Instansies soos CapeNature, SANParks en die departemen­t van landbou, bosbou en visserye moet hul verantwoor­delikhede nakom."

Cobus Meiring, hoof van die sekretaria­at van die Southern Cape Landowners Initiative, het gesê daar is nooit genoeg geld nie. Hy kan nie sien hoe so 'n "brandebela­sting" toegepas kan word nie.

Daar is baie mense wat hulle deel doen en ander nie.

Herpriorit­isering moet gedoen word van die nasionale departemen­te se toekenning van geld vir byvoorbeel­d hoë risiko gebiede. Dit is waar byvoorbeel­d indringerp­lante voorkom wat 'n groot rol speel in die brande.

 ??  ?? Memory Booysen
Memory Booysen
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa