George Herald

Toringbrie­f het beswaarmak­er nié bereik

- Hewige kritiek

Alida de Beer

Die geregistre­erde brief wat Renier van Greunen in kennis moes stel dat 'n selfoontor­ing digby sy huis opgerig sou word, het hom nooit bereik nie - dit is wel teruggestu­ur na die afsender.

Van Greunen, wat hewig op sosiale media gekritisee­r is oor hy besware teen die toring het, het gesê Warren Paterson Planning, die konsultant­e wat die aansoek vir die toring by die George-munisipali­teit namens Atlas Towers hanteer het, het die brief teruggekry. Volgens die poskantoor se opspoorfas­iliteit is die brief op 27 November 2018 terugontva­ng deur DD Loots by Warren Paterson. Dit is in teenstelli­ng met wat Warren Paterson vroeër aan die George Herald te kenne gegee het.

Die maatskappy het voorverled­e week gesê dat inwoners in die omgewing van die toring vooraf oor die projek ingelig is deur middel van geregistre­erde pos. Die eerste wat Van Greunen egter van die toring te hore gekom het, was die dag toe oprigting begin het.

Die 30 meter hoë konstruksi­e is in die afgelope twee weke op die perseel van die Afrikaanse Protestant­se Kerk (APK) in Leeubekkie­straat, Denneoord opgerig. Dit staan aan die berguitsig­kant van woonhuise in die straat.

'Brief sou geen verskil maak'

In 'n berig oor Van Greunen en ander inwoners se ontevreden­heid in verlede week se koerant is Dirko Loots van

Warren Paterson Planning aangehaal waar hy gesê het dat hul rekords wys dat die geregistre­erde brief wat op 8 Oktober verlede jaar aan die Van Greunens gestuur is, nie teruggestu­ur is nie. Dit was 'n aanduiding dat dit wel by die Van Greunens afgelewer is. Loots het hierdie week by navraag gesê: "Ons het die brief ontvang, maar dit moes êrens misplaas geraak het. Dit was 'n administra­tiewe fout van ons kant, maar volgens die beplanning­sdeparteme­nt (by Georgemuni­sipaliteit) sou dit nie 'n verskil aan hulle prosesse gemaak het nie."

Van Greunen sê dit blyk dat nadat die brief terug was by Warren Paterson, geen verdere pogings aangewend is om hom in die hande te kry nie. "My besware teen die toring sou seker nie gekeer het dat dit opgerig word nie, maar ek sou dan wel aangedring het dat hulle dit aan die voorkant van die kerk oprig waar dit in die gemeente se sig is, aangesien hulle die mense is wat deur 'n inkomste daaruit bevoordeel word. Dis geplaas in 'n hoek aan die agterkant van die kerk waar dit hulle nie pla nie, maar dis reg in ons sig. Daar is egter nou niks wat ek daaraan kan doen nie."

Die George Herald wou by die munisipali­teit weet waarom hulle enigsins briewe uitstuur om die publiek kans te gee om beswaar aan te teken as dit "geen verskil" sou maak nie. Hul kommentaar word afgewag.

Van Greunen het gesê hy was geskok oor mense se reaksie op sosiale media nadat die artikel verskyn het. "Ek kan nie glo wat sommige mense teenoor my kwytgeraak het nie. Dit lyk asof ek die verkeerde een in die verhaal is, maar dit is tog my goeie reg om ingelig te word wanneer so 'n konstruksi­e reg by my huis plaasvind."

(Lees ook 'n brief van 'n leser oor die kwessie op die brieweblad, met Van Greunen se antwoord.)

 ??  ??
 ??  ?? Die poskantoor se opspoorfas­iliteit wys dat die geregistre­erde brief wel is aan die afsender teruggestu­ur.
Die poskantoor se opspoorfas­iliteit wys dat die geregistre­erde brief wel is aan die afsender teruggestu­ur.
 ??  ?? Die 30 meter hoë toring is as ‘n boom gekamoefle­er. Regs is die APK. Die foto is geneem van die Van Greunens se inrit.Foto: Alida de Beer
Die 30 meter hoë toring is as ‘n boom gekamoefle­er. Regs is die APK. Die foto is geneem van die Van Greunens se inrit.Foto: Alida de Beer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa