George Herald

Peter Marais oor sy VF Plus-lidmaatska­p

- Eugene Gunning

Koalisie met die ANC in die Wes-Kaap: Nee. ‘n Koalisie met die DA in die Wes-Kaap: Dis ‘n moontlikhe­id. Dit was die boodskap Vrydagaand van Peter Marais, die VF Plus se premierska­ndidaat in die WesKaap.

Dit was die eerste keer dat Marais George in sy nuwe hoedanighe­id besoek het. Hy het met ondersteun­ers van die party, plaaslike Khoisan-leiers en die media gepraat.

Marais was vergesel van dr. Corné Mulder, die WesKaapse VF Plus-leier en adv. Gert van Niekerk, die party se leier in die George-stadsraad. Toe die vergaderin­g begin het, was die krag nog aan, maar toe Eskom se beurtkrag inskop is dit later by kerslig en ligte wat met batterye werk voortgesit.

Marais het in sy toespraak aan die gehoor gesê daar moet nuut gedink word. “Ons moet met ‘n nuwe plan kom. Die ou plan het nie gewerk nie.” Volgens hom is ‘n nuwe politieke denkrigtin­g en filosofie nodig. Hy het gewaarsku dat Suid-Afrika besig is om oor die afgrond te stort. Hy het gesê wit en bruin hoort saam.

“As Afrikaanss­prekendes dit nie aanvaar nie, gaan Afrika die begraafpla­as word van die Afrikaner.”

Wat Marais betref is die DA nie die antwoord nie en daar is geen verskil tussen die DA en die ANC nie.

Na die vergaderin­g het

Marais aan die George Herald gesê hy beskou homself as ‘n bruin Afrikaanse en nie ‘n bruin Afrikaner nie. Daar is ‘n verskil. “Die Afrikaner het ‘n ander geskiedeni­s as ek. Ek deel sy taal, kultuur, sy godsdiens en behoudendh­eid. Daar is wel enkele verskille.” Hy voel wel baie tuis in die VF Plus.

Marais beskou koalisiepo­litiek in die Wes-Kaap as onafwendba­ar.

Die VF Plus sal besin oor moontlike vennote. Dit sal afhang van die toegewings wat ‘n party bereid sal wees, om te maak.

Volgens hom het die VF Plus se nasionale leier, dr. Pieter Groenewald reeds aangedui dat die party bereid sal wees om met die DA ‘n koalisie te vorm. Hy het benadruk, bereidwill­igheid beteken nie dit sal noodwendig gebeur nie. “Daar moet nog baie gepraat word.”

Oor een ding is daar nou reeds duidelikhe­id: “’n Koalisie met die ANC is van die baan.”

Mulder het die party se fokus op minderhede verdedig. Volgens hom kan minderhede, as hulle saamwerk, ‘n nuwe meerderhei­d vorm. Suid-Afrika is ‘n diverse land. “As jy ‘n suksesrese­p wil hê, moet die verskeiden­heid in die land erken word.” Dr. Corné Mulder, Wes-Kaapse VF Plus-leier het na die vergaderin­g gesê daar is ‘n goeie kans dat ‘n koalisiere­gering in die Wes-Kaap gevorm sal word.

Die VF Plus is nie ten gunste van ‘n ANC- of ‘n EFF-regering of ‘n ANC/ EFF-koalisie nie. Ook nie van ‘n alleen DA-regering nie.

“Die DA kort ‘n waghond. Ons hoop dat ons genoeg steun sal kry om saam met die DA en ook die ACDP waarskynli­k, ‘n sinvolle koalisie te vorm.”

 ?? Foto’s: Eugene Gunning ?? Peter Marais, die VF Plus se premierska­ndidaat in die Wes-Kaap, tydens sy optrede in George.
Foto’s: Eugene Gunning Peter Marais, die VF Plus se premierska­ndidaat in die Wes-Kaap, tydens sy optrede in George.
 ??  ?? Lees meer by www.georgehera­ld.com Dr. Corné Mulder, die Wes-Kaapse VF Plus-leier, praat oor die party se beleid. In die agtergrond sit Peter Marais, die party se premierska­ndidaat in die Wes-Kaap.
Lees meer by www.georgehera­ld.com Dr. Corné Mulder, die Wes-Kaapse VF Plus-leier, praat oor die party se beleid. In die agtergrond sit Peter Marais, die party se premierska­ndidaat in die Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa