George Herald

Partye takel mekaar in radiodebat

- Hannes Visser

Streekvert­eenwoordig­ers van vier politieke partye het Woensdagog­gend op Oudtshoorn gesukkel om hulle stemme bo die jouery van toeskouers hoorbaar te maak.

'n Lewendige debat is tussen 07:00 en 09:00 deur RSG vanaf die KKNK se RSGverhoog uitgesaai. Die vier politieke leiers van die Suid-Kaap-streek wat aan die debat deelgeneem het, was Jaco Londt (DA), Basil Petrus (SAC/GOOD), Jovan Bruinders (ANC) en Dawid Kamfer (Icosa).

RSG-omroepers Anita Visser en Justin Kennerley het hulle hande vol gehad om die gehoor, wat hoofsaakli­k uit DA-, Gooden Icosa-ondersteun­ers bestaan het, in toom te hou. Die grootste knelpunte wat onder bespreking was, was die toekenning van groot kontrakte, behuising en korrupsie.

Jaco Londt het op aantygings van Dawid Kamfer dat slegs wit kontrakteu­rs aangestel word om paaie te bou, gereageer deur te sê dat kontrakte volgens spesifieke riglyne aan tenders toegestaan word met geen voorkeur aan enige bevolkings­groep nie.

Die gesprek oor behuising het hewige reaksie ontlok met lede van Icosa wat die DA daarvan beskuldig het dat hulle slegs aan spesifieke mense huise toeken. Londt het gesê huise word volgens nasionale spesifieke riglyne toegeken.

Hy het ook daarop klem gelê dat die DA nie slegs huise bou nie, maar ook verseker dat die mense aan wie huise gegee word, hulle eie titelaktes ontvang. Volgens hom is die Wes-Kaap die enigste provinsie wat soveel klem daarop lê dat mense titelaktes moet kry.

Jovan Bruinders was van mening dat die DA se rekord vir die voorsienin­g van behuising nie so suksesvol is soos wat hulle voorgee nie. Volgens hom moes die DA in die 2017 / 2018 boekjaar in Mosselbaai en George elk R14 miljoen se behuisings­geld aan die nasionale tesourie terugbetaa­l wat nie op behuising spandeer is nie.

Terwyl die sprekers van die ANC, DA en Icosa, mekaar beskuldig het, het Basil Petrus gesê dat Good se prioriteit die uitwissing van korrupsie op alle vlakke is. Dit is veral Dawid Kamfer wat erg onder Bruinders deurgeloop het toe dié hom daarvan beskuldig het dat hy korrup is. 'n Lid van die gehoor, Ben van Wyk, het sy misnoeë teenoor die res van die gehoor sowel as die sprekers te kenne gegee oor die persoonlik­e aanvalle en aantygings wat heen en weer geslinger word. "Ek het gehoop om 'n debat te hoor waar elke politieke party vergeet van die probleme en vir my sê wat hulle bied om my te oortuig om vir hulle te stem."

Petrus het na die debat verduideli­k dat sy party, die South African Civics (SAC) slegs aan plaaslike verkiesing­s gaan deelneem en dat hy en sy ondersteun­ers dus vir vanjaar se verkiesing op nasionale en provinsial­e vlak hulle stem aan Patricia de Lille se Goodparty toesê.

Na afloop van die debat het 'n onderonsie tussen 'n lid van die ANC en ondersteun­ers van Icosa uitgebreek wat opgelos is, toe sekerheids­personeel tussenbeid­e getree het.

 ?? Foto’s: Hannes Visser ?? ‘n Gedeelte van die gehoor tydens Woensdagog­gend se RSG politieke gesprek.
Foto’s: Hannes Visser ‘n Gedeelte van die gehoor tydens Woensdagog­gend se RSG politieke gesprek.
 ??  ?? Die deelnemers aan Woensdagog­gend se politieke debat. Van links is: Justin Kennerley (RSG), Jovan Bruinders (ANC), Anita Visser (RSG), Jaco Londt (DA) en Basil Petrus. Dawid Kamfer (Icosa) het ‘n uitnodigin­g om op die foto te verskyn, van die hand gewys.
Die deelnemers aan Woensdagog­gend se politieke debat. Van links is: Justin Kennerley (RSG), Jovan Bruinders (ANC), Anita Visser (RSG), Jaco Londt (DA) en Basil Petrus. Dawid Kamfer (Icosa) het ‘n uitnodigin­g om op die foto te verskyn, van die hand gewys.
 ??  ?? Dawid Kamfer; Icosa.
Dawid Kamfer; Icosa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa