George Herald

Plakkers opponeer uitsetting­sbevel

- Michelle Pienaar

Die onwettige grondbeset­ters van Moeggehuur, 'n plakkerska­mp langs New Dawn Park Primêr in Pacaltsdor­p, het nog 'n blaaskans tot einde Augustus alvorens hulle hul lot aanhoor. Die grond behoort aan die departemen­t van openbare werke en is geoormerk vir die bou van 'n nuwe skool.

Die aansoek om 'n uitsetting­sbevel (Pie-aansoek) om die grondbeset­ters te verwyder, is Dinsdag 26 Maart in die Kaapse hooggeregs­hof aangehoor. Adv. Stephan Kleynhans, wat namens die grondbeset­ters verskyn, het die aansoek geopponeer. Die hof het gelas dat Kleynhans sy hofstukke moet liasseer, waarna die applikante - die departemen­te van openbare werke en onderwys - daarop moet antwoord. Beide Kleynhans en die applikante moet hul regsargume­nte teen Mei indien. Die saak word op 29 Augustus in die Kaapse hooggeregs­hof geargument­eer.

Kleynhans het aan die George Herald gesê hy kan nie verstaan hoekom die munisipali­teit nie vir die mense grond gee soos deur die regering belowe word nie. "Ons bly nie in Engeland waar daar nie grond is nie, waar hulle bo-op mekaar moet bou nie. Hier is baie grond in George. Daar is oorgenoeg staatsgron­d. Hoekom kan die munisipali­teit nie gaan kyk na hulle grond en opsny in eenhede van 500 m2 nie? Die mense plak reeds sonder dienste. Dit gaan oor grond.

"Baie van my kliënte sal self sorg vir dienste, hulle soek net grond. Dit maak nie vir my sin nie. Baie is bereid om hulle eie huise te bou en hul eie water op te vang en sonkrag te gebruik. Hierdie munisipali­teit kan binne 'n week kyk wie kwalifisee­r en grond vir 'n klomp mense gee." Kleynhans het by navraag gesê hy word deur sy kliënte, die grondbeset­ters, uit hul eie sakke betaal.

 ??  ?? Dalene Valentine, ‘n grondbeset­ter van Moeggehuur, wys die dokumente wat op hul gedien is vir die aansoek om ‘n uitsetting­sbevel. ‘n Ma van een van die inwoners sit handjie by om haar dogter se plakkershu­t in Moeggehuur netjies te hou. Foto’s: Michelle Pienaar
Dalene Valentine, ‘n grondbeset­ter van Moeggehuur, wys die dokumente wat op hul gedien is vir die aansoek om ‘n uitsetting­sbevel. ‘n Ma van een van die inwoners sit handjie by om haar dogter se plakkershu­t in Moeggehuur netjies te hou. Foto’s: Michelle Pienaar
 ??  ?? Tydens ‘n betoging in New Dawn Park op14 Maart het hierdie groepie vriende koffie gedrink by een van die plakkershu­tte in Moeggehuur, ‘n plakkerska­mp langsNew Dawn Park Primêr. Van links is Lezandré Johnson (4), Veronica Rooi, Lizette Johnson van Moeggeploe­g (‘n plakkerska­mp in Seaview), Alronicia Johnson (12) en Beatrice Saaiman.
Tydens ‘n betoging in New Dawn Park op14 Maart het hierdie groepie vriende koffie gedrink by een van die plakkershu­tte in Moeggehuur, ‘n plakkerska­mp langsNew Dawn Park Primêr. Van links is Lezandré Johnson (4), Veronica Rooi, Lizette Johnson van Moeggeploe­g (‘n plakkerska­mp in Seaview), Alronicia Johnson (12) en Beatrice Saaiman.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa