George Herald

Gaan stem op 8 Mei, vra oud-LP

- Eugene Gunning

As jy nie op 8 Mei gaan stem nie, dan moet jy vir die volgende vyf jaar stilbly. So het Pierre-Jeanne Gerber, ‘n voormalige parlements­lid, aan die George Herald gesê. Gerber het George die afgelope naweek vir persoonlik­e sake besoek en is deesdae nie meer betrokke by die aktiewe politiek nie.

Hy was van 1994 tot 1999 ‘n lid van die Wes-Kaapse provinsial­e wetgewer en daarna vir meer as 10 jaar ‘n lid van die nasionale parlement.

In die tyd het hy ‘n leiersrol gespeel in die invloedryk­e Skoor (die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge).

Deesdae hou Gerber die politiek van die kantlyn af dop, maar hy gaan wel op 8 Mei stem.

“Dit is baie belangrik dat kiesers gaan stem en hul kruisies op 8 Mei trek. As jy dit nie doen nie, moet jy vir die volgende vyf jaar stilbly.”

Volgens Gerber moet mense ook besef hulle het ‘n reg om te kan stem. Hy het bygevoeg: “Dit is ‘n wonderlike voorreg.”

Hy wil nie spekuleer oor die uitslag in die Wes-Kaap nie, maar stem saam met ontleders dat dit ‘n baie interessan­te verkiesing gaan wees.

“Daar is ‘n kans dat nie een van die partye ‘n volstrekte meerderhei­d in die provinsie gaan behaal nie. Dit sal belangrik wees dat die twee grootste partye in so ‘n situasie saamwerk sodat die meeste mense aan boord gekry word.

“Kom ons hou duim vas dat wysheid sal seëvier,” het hy gesê.

 ?? Foto: Eugene Gunning ?? Pierre-Jeanne Gerber, oud-parlements­lid, tydens sy besoek aan George.
Foto: Eugene Gunning Pierre-Jeanne Gerber, oud-parlements­lid, tydens sy besoek aan George.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa