George Herald

Planne om meer besoekers na museum te lok en voortbesta­an te verseker

- Eugene Gunning

Pogings word aangewend om die voortbesta­an van die George-museum te verseker. Ofskoon dit in die stadium nie direk in die spervuur is nie, is daar kommer oor die toekoms. Die organisasi­e, Vriende van die George Museum, is by die jongste poging betrokke.

Abrie de Swardt, voorsitter van die organisasi­e, het aan die George Herald gesê vir die museum om lewensvatb­aar te bly moet 12 000 mense per jaar die museum besoek.

Op die oomblik word dit nog gehandhaaf, maar daar is kommer oor die toekoms. Die museum ontvang geld van die staat. Tans word geen toegangsge­ld gehef nie, maar besoekers is welkom om donasies te maak.

"Ons is bekommerd oor die voortbesta­an van museums landswyd en die Georgemuse­um. Museums is reeds onder druk as gevolg van fondse en ons wil sien dat meer mense museums besoek.

Geen land in die wêreld kan bekostig dat sy geskiedeni­s verlore gaan nie. Museums is nie net plekke waar besoekers na uitstallin­gs kan kyk nie. Dis ook plekke waar mense navorsing doen."

Volgens De Swardt moet gemeenskap­pe betrokke wees by museums om volhoubaar te wees. Daar word gepoog om meer besoekers na die museum te lok en dit kan help om die voortbesta­an te verseker.

As deel van die organisasi­e se planne word verskeie instansies betrek om byvoorbeel­d hul vergaderin­gs en uitstallin­gs by die museum te hou. Dit sluit in die Genealogie­se Genootskap van Suid-Afrika se Suid-Kaapse tak, die Suid-Kaap visuele kunstenaar­s en die George-kameraklub. "Ons wil George die kulturele samewerkin­gspunt van mense in George en die Suid-Kaap maak."

Die plan is om later vanjaar 'n simposium by die museum te hou waarby al die museums in die Suid-Kaap betrokke sal wees. "Ons wil dit doen om groter samewerkin­g tussen die verskillen­de museums te verseker."

Die organisasi­e kyk ook na hoe skole betrek kan word.

Die Vriende van die George Museum en die Genealogie­se Genootskap van SuidAfrika se Suid-Kaapse tak is betrokke by 'n skoolproje­k. Sowat 90 gr.3-leerlinge van die George Voorbereid­ingskool is betrokke en hulle doen navorsing oor hul eie families soos byvoorbeel­d wie is hulle oupas en oumas.

So word gehoop om hul belangstel­ling te prikkel sodat hulle self 'n draai by 'n museum sal wil maak.

 ??  ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Abrie de Swardt voor die George-museum. Foto: Eugene Gunning
Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Abrie de Swardt voor die George-museum. Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa