George Herald

Onwettige betogings befoeter begroting

- Michelle Pienaar

Na aanleiding van die mees onlangse betogings in New Dawn Park en Seaview, sowel as verskeie protesopto­gte in die dorp, het die direkteur van behuising, Charles Lubbe, en die hoof van wetstoepas­sing, Richard von Willigh, by navraag kommentaar oor die situasie gelewer.

Lubbe het gesê daar is ‘n goedgekeur­de behuisings­pyplyn waar projekte in terme van prioriteit beplan word en finansieri­ng dienooreen­komstig bekom word.

"Die voorsienin­g van behuisings­geleenthed­e word gekoppel aan die waglys, die beskikbaar­heid van grond en befondsing vir geïntegree­rde behuisings­ontwikkeli­ngs," het hy gesê. "Onwettige besettings skep uitdagings vir die begroting aangesien daar nie beplan word vir sodanige onvoorsien­e gebeurlikh­ede nie. Dit plaas dan geweldige druk op die munisipali­teit om fondse vanaf provinsie te bekom, om onmiddelli­k basiese dienste te voorsien."

Von Willigh het gesê wettige optogte word hanteer ingevolge die bepalings van die Regulasies van die Versamelin­gswet. Met verwysing na die onlangse betoging (14 Maart) in New Dawn Park, Proteastra­at, het hy gesê alhoewel die munisipali­teit nie 'n aansoek vir die betrokke optog ontvang het nie, is alle veiligheid­smaatreëls ingestel om moontlike risiko's en negatiewe impak op spitsverke­er te verminder. "Weens klipgooier­y, die belemmerin­g van voertuie om vrylik te beweeg, dreigement­e en intimidasi­e was dit noodsaakli­k om aksie teen die betogers te neem. Daar sal nie enige noodmiddel­s of optredes gebruik word in enige gebied, tensy daar nie 'n geldige rede vir wetstoepas­sing is nie."

Von Willigh noem die New Dawn Park-voorval is 'n geïsoleerd­e voorval. "In George bestuur die sameroeper­s optogte in die algemeen baie goed en daar is minimale gevalle waar aksie geneem moet word."(Lees nog behuisings­artikels op bl.14)

 ??  ?? Bande is op 14 Maart tydens ‘n protesaksi­e in New Dawn Park in Proteastra­at gebrand. Foto: Michelle Pienaar
Bande is op 14 Maart tydens ‘n protesaksi­e in New Dawn Park in Proteastra­at gebrand. Foto: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa