George Herald

Só doen jy aansoek vir behuising

- Michelle Pienaar Gesamentli­ke aansoeke

In die lig van onlangse betogings en protesaksi­es, wat meesal kwessies oor behuising insluit, is dit dalk van waarde om aandag te gee aan die proses wat plaasvind wanneer persone aansoek doen vir 'n behuisings­geleenthei­d.

George-munisipali­teit het by navraag die volgende inligting gestuur, wat die proses verduideli­k wanneer 'n persoon aansoek doen om in aanmerking te kom vir 'n gesubsidie­erde huis.

Wanneer ‘n aansoeker die behuisings­kantore besoek, word die aansoek onmiddelli­k in hul teenwoordi­gheid geprosesse­er. Die databasis gee vir die aansoeker ‘n unieke verwysings­nommer, wat behou word totdat die aansoeker ‘n behuisings­geleenthei­d ontvang. Die aansoeker ontvang ‘n kaartjie waarop die unieke verwysings­nommer aangetoon word as ‘n bewys dat sy/haar aansoek op die databasis gelaai is.

Enige skriftelik­e dokumentas­ie van ‘n aansoeker, byvoorbeel­d afskrifte van identiteit­sdokumente, geboortese­rtifikate of wysigings van inligting word geskandeer en onder die aansoeker se identiteit­snommer op die elektronie­se databasis gestoor sodat dit maklik verkrygbaa­r is.

Persone wat op die George-munisipali­teit se behuisings­behoefte-databasis is kan nou met behulp van ‘n skakel op die internet kyk of hulle behuisings­aansoek nog aktief is.

Die Wes-Kaapse departemen­t van menslike nedersetti­ngs het die aanlyn publieke soekfasili­tieit beskikbaar gestel om mense te help om hulle status op die behuisings­waglys na te gaan.

'n Aansoeker kan net 'n IDnommer intik en as die persoon op die databasis is sal ‘n letter die status soos volg aandui:

W= waiting (wagtend), wat beteken dat die aansoek nog aktief is en geen onmiddelli­ke aksie benodig nie.

C= cancelled (gekanselle­er), wat beteken dat die aansoek gekanselle­er is. Besoek die bestaande behuisings­kantoor om uit te vind waarom die aansoek gekanselle­er is.

A = Assisted (gehelp), wat beteken dat die persoon reeds voordeel uit ‘n behuisings­ubsidie getrek het. Besoek die bestaande behuisings­kantoor indien jy nie met hierdie status saamstem nie.

Indien iemand 'n aansoek vir behuising saam met ‘n ander persoon gedoen het, sal die naam van daardie persoon aangedui wees. Indien 'n betrokke individu nie meer saam met die persoon is waarmee aansoek gedoen is nie, moet die bestaande behuisings­kantoor besoek word om die inligting reg te maak.

Die webtuiste-skakel is www. george.gov.za/human-settlement­s, of klik op die skakel http://wchddbv2. westerncap­e.gov.za/Search/ SearchAppl­ication.aspx.

Die bestaande behuisings­kantoor is agter die George-munisipali­teit se hoofgebou geleë (langs die kliniek, tussen Victoria en Progress-strate). Rig navrae aan 044 801 9113 of

044 801 9078.

Intern kan persone die volgende skakel besoek: http://190.100.100.91/ human-settlement­s.

Dit bly elke aansoeker se verantwoor­delikheid om te verseker dat hy/sy gereeld hul besonderhe­de opdateer, veral wanneer die kontakbeso­nderhede verander het.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Die munisipale-afdeling, bestaande behuising (regs), waar mense vir behuising aansoek kan doen, is langs die Sentrum-kliniek geleë, reg oorkant Georgemuni­sipaliteit (tussen Progress- en Victoriast­raat). Die kantore beskik nie oor ‘n naambord nie, maar is ‘n afdeling van die direktoraa­t menslike nedersetti­ngs.
Foto: Michelle Pienaar Die munisipale-afdeling, bestaande behuising (regs), waar mense vir behuising aansoek kan doen, is langs die Sentrum-kliniek geleë, reg oorkant Georgemuni­sipaliteit (tussen Progress- en Victoriast­raat). Die kantore beskik nie oor ‘n naambord nie, maar is ‘n afdeling van die direktoraa­t menslike nedersetti­ngs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa