George Herald

George kan boomloos word

- Eugene Gunning

As die probleem van die stompkopke­wer (Euwallacea nr. fornicates) en sy simbotiese swam (Fusarium euwallacea) nie gou onder beheer gebring word nie, kan George uiteindeli­k boomloos word. So waarsku dr. Jaap Steenkamp, een van die voorste en bekendste bosboukenn­ers aan die Tuinroete. "Ons gaan nie meer van ons geliefde eikebome en moontlik ook geelhoutbo­me oor hê as dit nie aandag kry nie."

Steenkamp en ander belanghebb­endes is die afgelope tyd betrokke by pogings om die plaag onder beheer te bring. 'n Werksessie is onder meer verlede week by Glenwood Lodge gehou.

Voorheen is die kundigheid van drie universite­ite as deel van 'n ander poging, ook betrek om te kyk hoe die verwoestin­gswerk van die kewer en die swam gekeer kan word.

Die kewer en swam vernietig nou al meer as 'n jaar bome in George. Johanna Vermeulen, 'n inwoner, het reeds vroeg verlede jaar gesien daar is fout en vermoed dis goggas wat die skade veroorsaak.

Braam du Preez, 'n bosboukons­ultant, is betrek en hy het in Februarie 2018 monsters van die bome na Pretoria geneem. Tydens sy besoek het hy dit met kundiges by die instituut vir bosbou en landbouteg­nologie (Fabi) aan die Universite­it van Pretoria bespreek.

Prof. Wilhelm de Beer van Fabi het later self George besoek en ook in Knysna monsters geneem. Hy en sy span het vasgestel dat dit beslis die stompkopke­wer en sy simbotiese swam is wat die skade veroorsaak.

Steenkamp het aan die George Herald gesê die probleem sal nie weggaan nie. Dit kan wel beheer word. "Dit is soos onkruid. Dit neem toe in sekere dele en die verspreidi­ng gaan in die stadium ongehinder­d voort."

Volgens Steenkamp het gesprekke reeds met die Georgemuni­sipaliteit plaasgevin­d en nog gesprekke sal plaasvind. Tot dusver was dit positief. Pogings word aangewend om 'n gekoördine­erde poging in plek te stel om aandag aan die situasie te gee.

Een van die uitdagings in die stadium is dat daar nie 'n spesifieke munisipale stortingst­errein is vir afgekapte takke nie.

Sy advies aan mense wat 'n besmette boomtak in hul tuin sien, is om dit af te kap, met 'n insekdoder te spuit en dit daarna te verbrand.

Hy benadruk 'n klomp dinge sal uiteindeli­k tegnies reggedoen word. Op die oomblik is eksperimen­te aan die gang met chemikalie­ë. Van die middels is reeds by die owerhede geregistre­er, maar die registrasi­enommers word nog afgewag. Daar is goeie vordering en 'n aankondigi­ng kan binnekort gemaak word.

In die stadium lyk dit of een van die oplossings 'n plaaslik ontwikkeld­e stelsel kan wees. 'n Inspuitste­lsel word by 'n boom aangebring. Die natuurlike water van die boom word dan gebruik om insekdoder in die boom te versprei. Dit is aansienlik goedkoper om 'n boom te behandel as om dit te verwyder.

Verskeie van die inspuitste­lsels is Maandag aan bome by die Outeniqua Family Market aangebring. Sowat 19 bome is besmet en word nou behandel. Aan die einde van winter sal dit weer behandel word.

Deon Mocke, eienaar van die mark, het gesê einde September is gesien dat byvoorbeel­d van die eikebome besmet is.

Kundiges is betrek en die bome is gemerk. Dit is die bome wat nou behandel word. As die behandelin­g suksesvol is, word gehoop dat dit as 'n voorbeeld vir die res van George kan dien.

"Ons sal wil sien dat nie een enkele boom uiteindeli­k besmet is. Dit raak nie ons aktiwiteit­e nie."

 ??  ??
 ??  ?? Dr. Jaap Steenkamp by een van die besmette bome by die Outeniqua Family Market wat behandel word.Foto: Eugene Gunning
Dr. Jaap Steenkamp by een van die besmette bome by die Outeniqua Family Market wat behandel word.Foto: Eugene Gunning

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa